Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Buffalo Rally in 2021 weer in Hartenbos gehou

Die gebrul van ysterperde gaan volgende jaar weer in Hartenbos opklink wanneer die gewilde Buffalo Rally-motorfietssaamtrek daar gehou word.

Deelnemers aan ’n vroeëre Buffalo Rally ry deur Mosselbaai. Foto: Johann van Tonder

Die Mosselbaai-munisipaliteit het bekend gemaak dat die Nomads-motorfietsklub van Kaapstad, wat die byeenkoms reël, beoog om die saamtrek van 23 tot 25 April 2021 by die ATKV se oord in Hartenbos te hou.

Vanjaar se motorfietssaamtrek wat van 3 tot 5 April daar sou plaasvind, is gekanselleer weens die inperking weens die koronaviruspandemie.

Die saamtrek word jaarliks deur motorfietsryers van oral in Suid-Afrika bygewoon en bied ’n goeie hupstoot vir Mosselbaai se toerisme en ekonomie.

“Die Mosselbaai-munisipaliteit verwelkom die goeie nuus oor die beplande datums vir die Buffalo Rally-motorfietssaamtrek se volgende besoek aan ons dorp in 2021,” sê Nickey le Roux, ’n munisipale woordvoerder van Mosselbaai.

“Die byeenkoms is altyd ’n welkome ekonomiese inspuiting vir die plaaslike ekonomie, meer nog gegewe die effek van Covid-19 op sakeondernemings.”

Volgens haar dra die organiseerders gewoonlik baie ruim by tot die burgemeester se hulpfonds en die geleentheid verskaf jaarliks verskeie tydelike werksgeleenthede.

“Die saamtrek word goed ondersteun deur die Mosselbaaiers wat die motorfietsryers altyd verwelkom,” sê sy.

Die motorfietssaamtrek is sedert 2005 elke jaar in Mosselbaai gehou, behalwe in 2008 toe dit in Aliwal-Noord gehou is, volgens die Nomads se webtuiste.

Die saamtrek is in 2019 die eerste keer op Hartenbos gehou.

Meer oor:  Hartenbos  |  Mosselbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.