Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Buitelanders se visums en permitte nou langer geldig

Visums en permitte wat buitelanders toelaat om in Suid-Afrika te wees, sal nou eers ná 31 Oktober verval nadat regulasies hieroor Vrydag gewysig is.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het die gewysigde regulasies in die Staatskoerant gepubliseer. Die visums sou aanvanklik ná 31 Junie verval het.

Adrian Roos, DA-woordvoerder oor binnelandse sake, het die verlenging verwelkom.

“Op die oomblik kan buitelanders in die algemeen nie aansoek doen vir visums nie omdat die grense gesluit is.

“Daar is egter nog buitelanders in Suid-Afrika en daarom maak die verlenging logies sin sodat hulle wettig hier mag wees,” sê Roos.

Dr. Rory Jubber, DA-leier in die buiteland, doen in ’n verklaring ’n beroep op Motsoaledi om ook die geldigheid van Suid-Afrikaners wat oorsee werk, se paspoorte te verleng.

“Baie Suid-Afrikaners wat oorsee bly, verloor hul reg om in die buiteland te werk, gesondheidsorg te ontvang of wettig daar te bly omdat die departement van binnelandse sake eenvoudig nie die vermoë het om hul paspoorte en ander kritieke dokumente betyds te verwerk nie,” sê Jubber.

Mense kan sedert 27 Julie weer aansoek doen om vernuwing van paspoorte nadat die diens einde Maart gestaak is. Jubber sê egter weens die groot agterstand met aansoeke, en die feit dat paspoorthernuwings in die buiteland reeds ses tot 12 maande duur, bied dit nie veel onmiddellike verligting aan Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland nie.

Die DA vra dus dat sulke paspoorte se geldigheid met ’n spesiale stempel verleng word.

Meer oor:  Dr. Aaron Motsoaledi  |  Visums  |  Verlenging  |  Buitelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.