Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bul se sperm laat rekord spat

Lio, ’n Chianina-bul van Badplaas in Mpumalanga, is nie sommer enige bul nie. 

Christiaan de Jager se superbul, Lio, is die bees wie se semen eerste die prysmerk van R16 000 gebreek het.

Hy is ’n superbul en ’n strooitjie met sy sperm in is pas op ’n veiling vir ’n Suid-Afrikaanse rekordbedrag van R16 000 verkoop.

Die strooitjies is plastiekbuisies van 0,5 mm breed en 13 mm lank wat minstens 5 miljoen lewendige, aktiewe sperms bevat.

Lio se gelukkige eienaar, Christiaan de Jager, was tien jaar gelede die eerste boer in Suid-Afrika wat met Chianina-beeste (uitgespreek kia-ni-na) begin teel het.

Dié reusagtige, witterige vleisbeeste is heelwat groter as enige plaaslike beesrasse en is al deur antieke Romeinse boere geteel. 

Hulle verskyn selfs op kunswerke wat van 400 v.C. dateer.

In Italië is daar vandag ’n bevolking van sowat 25 000 Chianinas, maar in die res van Europa skaars 100.

Suider-Afrika het deesdae 49 Chianina-boere en tussen hulle het hulle 700 Chianinas. 

De Jager het nagenoeg 400 van hulle. 

’n Enkele embrio uit een van De Jager se koeie gaan jou sowat R50 000 uit die sak jaag en sy duurste stoetbul is al vir altesame R200 000 verkoop.

 ’n Nguni- of Afrikanerstoetbul kos sowat R40 000 en ’n Bonsmara-stoetbul sowat R60 000.

“Die rede hoekom ons bereid is om duurder te betaal vir Chianina-beeste is omdat dit van die suiwerste diere ter wêreld is,” sê De Jager. 

“Dié beeste se vleis het die hoogste proteïen en die laagste cholesterol van al die beeste wat ek ken.

“Die omset van hul voer is baie laag. Hulle vreet baie minder en bou meer vleis op as ander beeste.

“Wanneer jy hulle slag, is hul uitslagpersentasie verreweg die hoogste. Wanneer die kop, vel, pote en ingewande verwyder word, is daar tussen 63% en 65% vleis oor teenoor die gemiddelde bees se 56%,” sê hy.

“Mense sê altyd so ’n groot bees vreet baie,” sê De Jager. “Ek sê weer hulle vreet winsgewend.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.