Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bure wat moeg is vir honde se geblaf eis dat dierewelsyn sluit
Hondehokke op Touwsrivier Diere se perseel. Foto: Touwsrivier Diere

Weens bure wat kla oor die geblaf van die weeshonde wat sy huisves, gaan ’n vrou haar geregistreerde diereorganisasie dalk moet sluit.

Tesna Palvie, stigter van Touwsrivier Diere, ’n organisasie sonder winsbejag, wat die afgelope agt jaar dié dorp se beseerde en verwaarloosde diere help, het ’n brief van die Breedevallei-munisipaliteit gekry om die getal diere op haar erf te verminder.

Die vark wat Palvie gehuisves het, wat saam met die honde geleef het, is reeds verlede week in opdrag van die munisipaliteit verwyder en het nie die skuif oorleef nie. “Varkie” is die afgelope naweek skielik dood.

“Varkie het soos ’n hond geleef, was baie skoon op homself en het niemand gepla nie. Ek dink hy is eenvoudig dood van stres,” , sê Palvie.

Touwsrivier Diere se geliefde vark, Varkie. Foto: Touwsrivier Diere
Tesna Palvie, Touwsrivier Diere se stigter, by Layla, wat gered is nadat haar boetie met ’n panga doodgekap is. Foto: Touwsrivier Diere

Volgens haar gaan sy die afgelope agt jaar ongehinderd voort met haar werk om diere en mense in die gemeenskap te help.

“En dit sluit ook die mense in wat nou oor die diere kla.”

’n Buurvrou het na bewering gekla die honde se geblaf hou haar uit die slaap.

Palvie versorg sowat 40 honde op haar erf van sowat 1 430 m². Sy moes ook die afgelope agt jaar verskeie uitdagings oorkom, en kon daarin slaag om die huis te koop wat sy vantevore gehuur het. Sy het ook ’n grensmuur opgerig.

“Covid-19 het gekom en ek het gedink ons sal oukei wees. Nou gebeur dit,” sê sy.

Palvie leef daarvoor om diere te help.

“Hulle is die rede waarom ek soggens opstaan.”.

Te oordeel aan die organisasie se Facebook-blad is Palvie die eerste persoon na wie mense in die gebied draai as hulle diere in nood verkeer. Haar veeartsrekening beloop byna R20 000 en dit betaal sy met skenkings van die publiek. Talle mense het hul skok op Touwsrivier Diere se Facebook-blad uitgespreek oor die jongste verwikkelinge en gevra waarom die munisipaliteit nooit vantevore opgetree het nie, hoewel die burgemeester en munisipale amptenare bewus is van die werk wat Touwsrivier Diere doen.

Palvie is besig om vir vergunning by die munisipaliteit aansoek te doen en sê sy wil haar samewerking gee in belang van die diere. Sy is gekant daarteen dat die honde na ’n skuiling verskuif word, want sy meen hulle sal, net soos Varkie, doodgaan.

Wat sê die munisipaliteit


Volgens die Breedevallei-munisipaliteit is verskeie vrae en bekommernisse geopper oor die aanhou van diere by ’n informele skuiling in ’n woonbuurt in Touwsrivier. Die perseel is slegs gesoneer vir residensiële doeleindes.

Die munisipaliteit het ook klagtes ontvang van onmiddellike bure oor die honde, soos die geblaf, ’n reuk en vlieë in die buurt wat hulle toegeskryf aan die aanhou van die honde. Die munisipale verordening bepaal dat slegs twee honde per erf in ’n residensiële gebiedaangehou mag word.

Enigiemand mag skriftelik by die munisipaliteit aansoek doen om meer as twee honde aan te hou. Die aansoek mag goedgekeur word. Die goedkeuring is onderhewig aan insette en kommentaar van nabye bure en die getal diere wat aangehou word.

In die huidige geval is ’n aansoek ontvang en geweier op grond van besware van bure en die getal diere wat twee oorskry. Die munisipaliteit in samewerking met Animal Welfare Services (AWS) sien om na diere in sy munisipale gebied.


Wat sê die munisipaliteit?

Volgens die Breedevallei-munisipaliteit is verskeie vrae en bekommernisse geopper oor die aanhou van diere by ’n informele skuiling in ’n woonbuurt in Touwsrivier. Die perseel is slegs gesoneer vir residensiële doeleindes. Die munisipaliteit het ook klagtes ontvang van onmiddellike bure oor die honde, soos die geblaf, ’n reuk en vlieë in die buurt wat hulle toegeskryf aan die aanhou van die honde. Die munisipale verordening bepaal dat slegs twee honde per erf in ’n residensiële gebied aangehou mag word.

Enigiemand mag skriftelik by die munisipaliteit aansoek doen om meer as twee honde aan te hou. Die aansoek mag goedgekeur word. Die goedkeuring is onderhewig aan insette en kommentaar van nabye bure en die getal diere wat aangehou word.

In die huidige geval is ’n aansoek ontvang en geweier op grond van besware van bure en die getal diere wat twee oorskry. Die munisipaliteit in samewerking met Animal Welfare Services (AWS) sien om na diere in sy munisipale gebied.

Meer oor:  Touwsrivier  |  Honde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.