Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Burgemeester maak ongeluk nr. 2

Die burgemeester van ’n Oos-Kaapse munisipaliteit is wéér in die sop ná ’n motorongeluk – sy tweede binne ’n jaar – in ’n staatsvoertuig wat hy nie mag bestuur het nie.

In April verlede jaar het Sobane Mnukwa die Umzimvubu- plaaslike munisipaliteit se Mercedes-Benz ML320 bestuur en was in ’n ongeluk betrokke.

Een van die mense wat beseer is, is ’n week later dood.

Terwyl die munisipaliteit dit nog ondersoek, was hy glo verlede naweek betrokke in nóg ’n ongeluk, dié keer met ’n munisipale Toyota Fortuner.

Die burgemeester is nie ná die ongeluk geskors nie en het met sy pligte voortgegaan aangesien daar slegs bewerings teen hom gemaak is.

Wongekile Potwana, provinsiale adjunkleier van die DA, het die Oos-Kaapse LUR vir samewerkende regering, Xolile Nqatha, gevra om Mnukwa af te dank “voordat hy verdere ongelukke veroorsaak”.

Die tweede ongeluk het volgens Potwana in Harding in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Watter munisipale sake het hy (Mnukwa) daar gedoen in ’n munisipale voertuig en sonder ’n bestuurder?”

Potwana sê al het die burgemeester nie die Fortuner bestuur nie, moet daar steeds verduidelik word wat die voertuig sonder hom in ’n ander provinsie gesoek het. Die voertuig is volgens hom aan die burgemeester toegeken vir gebruik in die uitvoering van sy pligte.

Potwana beweer die burgemeester het sy kinders na Amanzimtoti geneem, daar oorgeslaap en die volgende oggend teruggery toe die ongeluk gebeur het.

Die ongelukke jaag die munisipaliteit volgens Potwana saam R2,2 miljoen uit die sak.

Die munisipaliteit se woordvoerder, Nokhanyo Zembe, sê hulle ondersoek die saak nog.

Sy het bevestig Mnukwa was verlede jaar in nog ’n ongeluk betrokke en dat hy nie veronderstel was om te bestuur nie.

Die burgemeester is nie ná die ongeluk geskors nie en het met sy pligte voortgegaan aangesien daar slegs bewerings teen hom gemaak is. Zembe het ook bevestig ingevolge die munisipaliteit se regulasies mag die burgemeester nie ’n munisipale voertuig bestuur nie.

Mnukwa kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.