Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Burgemeester vlug toe inwoners oproerig raak

Die burgemeester van die Setsoto-munisipaliteit moes Donderdag inderhaas deur die polisie na veiligheid gebring word toe gemeenskapslede wat sy toegespreek het oproerig begin raak het.

Nthateng Maoke het die gemeenskap van Senekal omstreeks 17:00 in die gemeenskapsaal toegespreek.

Dié Oos-Vrystaatse munisipaliteit bedien Ficksburg, Senekal, Marquard en Clocolan.

Volgens kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, is dit onduidelik wat Maoke vir die mense gesê het wat hulle ontstel het. Polisiebeamptes moes haar egter vinnig na veiligheid bring.

Dhlamini sê die inwoners het die stoele in die gemeenskapsaal beskadig voordat hulle na die munisipale kantoor daar naby is en dit aan die brand gesteek het.

Hulle het ook die N5-hoofweg en ander paaie wat na die dorp en woonbuurte lei met klippe en brandende buitebande versper.

Dhlamini sê die polisie se eenheid vir openbare orde het die betogers met traanrook van die hoofweg af verdryf.

Teen Vrydagoggend het die situasie bedaar, maar het die polisie steeds ’n wakende oog gehou.

Die oproerigheid het mediese dienste wat van die N5-hoofweg gebruik maak, belemmer.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, sê ambulanse, reddingsvoertuie en voertuie wat pasiënte vervoer, kon nie Donderdagaand van die hoofweg gebruik maak nie omdat dit met klippe en brandende buitebande versper was.

Nooddienste wat gewoonlik die N5 gebruik om deur Senekal te ry, moes noodgedwonge alternatiewe roetes gebruik wat hul reaksietyd vertraag het.

“Die situasie is (Vrydag) gespanne in Senekal. Die betogers het by die munisipale gebou, wat naby die N5 is, bymekaargekom. Hoewel hulle nie met die verkeersvloei inmeng nie, het ons vir eers alle ambulansdienste gestop,” sê hy.

Paramedici sal deur die polisie vergesel word as hulle op ’n noodgeval moet reageer.

Maoke is Vrydag vir kommentaar genader maar sy het nie op enige boodskappe gereageer nie.

Meer oor:  Senekal  |  Oproer  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.