Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bus ploeg in PE-gebou in

’n Bus wat Vrydagoggend deur ’n gebou langs die M4 in Port Elizabeth geploeg het, het vir ’n ernstige verkeersopeenhoping gesorg.

Die passasiersbus van die Algoa Bus-maatskappy het om 07:00 op die M4 naby die Darlingstraat-afrit gery, toe ’n bakkie direk teen die aankomende verkeer in gery het.

Die bus het na bewering vir die aankomende bakkie uitgeswaai en deur ’n gebou langs die pad gery.

’n Passasiersbus van die Algoa Bus-maatskappy het Vrydagoggend binne ’n gebou langs die M4 in Port Elizabeth tot stilstand gekom het. Foto: Cara-Lee Dorfling

Sicelo Duze, uitvoerende hoof van Algoa Bus, sê die bus was na die depot onderweg en het geen passasiers gehad nie.

Hy sê die bus sal nie dadelik van die ongelukstoneel verwyder kan word nie, aangesien die moontlikheid bestaan dat die gebou se dak inmekaar kan stort indien die bus geskuif word.

“Die gebou sal eers geïnspekteer moet word, voor ons die bus kan verwyder.”

Ao. Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

’n Man stel Vrydagoggend ondersoek in oor hoe diep die passasiersbus by die gebou ingery het. Foto: Cara-Lee Dorfling

“ ’n Chevrolet Spark en ’n Toyota Quantum-minibus het ook in die herrie teen mekaar vasgery.”

Labans sê die busbestuurder het sy regterskouer beseer, terwyl nog drie mense in die voertuie wat betrokke was, beseer is.

’n Deel van die pad was vir enkele ure gesluit terwyl nooddienste op die toneel was.

“Op die oomblik is dit nog onduidelik hoekom die bestuurder van die bakkie in die aankomende verkeersbaan beland het. Die ongeluk se verslag sal bestudeer word,” sê Labans.

Meer oor:  Gebou  |  Ploeg  |  Bus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.