Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bus ry verkeersman buite Pta dood

’n Gautengse verkeersbeampte is Donderdag dood nadat ’n bus hom omgery het gedurende ’n wetstoepassingsoperasie op die N1-hoofweg in Murray Hill, noord van Pretoria.

Volgens Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die voorval gebeur toe verkeersbeamptes die geldigheid van rybewyse nagegaan en die oorvol busse afgetrek het.

“Wat dit nog moeiliker maak, is die omstandighede waarin hy dood is,” het Nkosi-Malobane gesê. Sy het haar medelye met die verkeersbeampte se familie, vriende en kollegas betuig.

Nkosi-Malobane het intussen verkeersbeamptes opdrag gegee om oortreders wat nie padreëls gehoorsaam nie, vas te vat.

In Gauteng is 22 mense in 21 padongelukke tussen Oukersaand en Welwillendheidsdag dood. Dié sterftes sluit 13 voetgangers, ’n fietsryer, drie bestuurders, drie passasiers en twee motorfietsryers in.

Verkeersbeamptes sal voortgaan om hoë sigbaarheid in Gauteng te handhaaf sodat mense hul onderskeie bestemmings veilig kan bereik.

Meer oor:  Pretoria  |  Verkeersman  |  Padongeluk  |  Bus  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.