Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Bus waarin 25 sterf, was oorlaai, sê Mbalula

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sal na verwagting Dinsdag die toneel in die Oos-Kaap besoek waar 25 mense in ’n busongeluk gesterf het.

Die ongeluk het gebeur toe die bus, wat hoofsaaklik pensioenarisse vervoer het om hul maatskaplike toelaes te onttrek, Maandagoggend tussen Chebe en Butterworth teen ’n bult afgery het. Die bus het in ’n diep kloof te lande gekom.

Die Oos-Kaap se departement van vervoer het Maandag gesê minstens 60 mense is in die ongeluk beseer en in verskeie hospitale opgeneem. Die presiese omstandighede van die ongeluk is nog onduidelik.

Die bus lê in die kloof waar dit Maandagoggend te lande gekom het. Foto: Verskaf

News24 berig dat Mbalula gesê het dat die ongeluk waarskynlik deels weens oorlading veroorsaak is.

“Vir my is dit nie iets wat sommer net weer gebeur het nie. Ek wil weet wat gebeur het. Die getal passasiers sê vir jou dat dit weens oorlading was,” het hy gesê.

Mbalula het sy meegevoel met die oorledenes en beseerdes se families en gemeenskappe uitgespreek.

“Ons onderneem om die ondersoek na die Padverkeersbestuurskorporasie te bespoedig en te verseker dat dit gou afgehandel word.

“Ons is steeds daartoe verbind om ons maatreëls te verskerp om die veiligheid van ons mense op die paaie te verseker.”

Weziwe Tikana-Gxothiwe, LUR vir vervoer in die Oos-Kaap, sal die ongelukstoneel saam met Mbalula besoek, waarna hulle van die beseerdes in die plaaslike Tafalofefe-hospitaal sal besoek.

Die wrak van die bus. Foto: Verskaf

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Butterworth  |  Busongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.