Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Busse bring Pta sakekern tot stilstand

Verskeie paaie in Pretoria se sakekern is Maandag deur munisipale busse versper as deel van ’n betoging deur Tshwane metro-busdrywers vir beter lone.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane metropolisie, het gesê roetes soos Es’kia Mphahlele, WF Nkomo, Thabo Sehume en Madiba-strate word deur die busse versper as deel van lede van die munisipale vakbond, Samwu, se betoging vir ’n verhoging in salarisse. Die Samwu-lede, wat ’n optog hou, het glo busse sonder toestemming geneem, op hoofroetes geparkeer en eis ’n verhoging van 18% in salarisse.

Sheila Lynn Senkubuge, burgermeesterskomiteelid vir paaie en transport in Tshwane, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Busdrywers van die Tshwane-busdienste hou Maandag ’n optog in die Pretoriase sakekern vir loonverhogings. Foto: Isabel Venter
staking, tshwane, busdienste, busse
Een van talle verkeersknope wat deur die stakende busbestuurders veroorsaak is. Foto: Christiaan du Plessis
staking, busse, busstaking, Tshwane
Busse staan dwars oor die pad voor die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Isabel Venter
busstaking, staking, tshwane
Stakende werkers betoog in die strate van die Pretoriase middestad. Foto: Isabel Venter

Meer oor:  Tshwane  |  Staking  |  Tshwane-Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.