Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
By dié eetplek is g’n kelners, g’n fooitjies

Dankie, maar nee dankie vir fooitjies.

Die sjef Leigh Steven-Jennings bedien ’n klant. Foto’s: Edrea du Toit

Dít is wat jy hoor by ’n nuwe restaurant naby die parlement in Kaapstad wanneer jy jou rekening wil betaal.

Want die “kelner” wat jou bedien by Pilcrow & Cleaver op Kerkplein in die middestad is eintlik een van die sjefs – en toe dié eetplek in Desember sy deure oopmaak, het die bestuur besluit op ’n geen-fooitjie-beleid.

Die eienaar, Judi Fourie, sê klante het nou al begin gewoond raak daaraan dat die persoon wat jou bestelling neem, wat jou kos maak én dit voor jou neersit een en dieselfde mens is.

Die 32-jarige blondekop-sakevrou sê baie restaurante misbruik die fooitjiestelsel. Kelners word bitter min betaal en maak dan amper uitsluitlik op fooitjies staat.

“Almal kry nie elke dag dieselfde nie.

Judi Fourie, eienaar en hoofsjef.

“Ons filosofie is eerder om almal beter te betaal. Almal is sjefs, daar is nie kelners nie.”

Fourie lei haar span op om eerder beheer oor te neem van elke aspek van die onderneming, insluitend die bou van verhoudings met gereelde klante.

Op dié manier leer die sjefs – wat almal teen ’n vaste salaris aangestel is – ook vaardighede wat buite die kombuis waardevol sal wees as hulle eendag bestuurders sou wou word.

“Die konsep kan werk in Kaapstad. Mense hier is nogal lief daarvoor om met die sjef te praat. Saam met my, die hoofsjef, is ons sewe sjefs.”

Fourie is oorspronklik van Franschhoek en het haar planne om medies te swot opsygeskuif om eerder te swot om sjef te word. Sy het al in restaurante in Engeland, Mosambiek en Zanzibar gewerk.

“Ek is baie lief vir wat ek doen!”

Die sjef Leigh Steven-Jennings se spesialiteit is geregte met ’n plantbasis. Sy sê die eetplek is vol lewe en ook intiem.

“Daar is niks lekkerder as om die gaste oor die disse en hul voeding te adviseer nie.”

Meer oor:  Judi Fourie  |  Kaapstad  |  Pilcrow & Cleaver  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.