Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
By die werk, toe trek vreemdes in

’n Instrukteur by die weermag se ondersteuningsbasis in Wynberg in die Kaap gaan die hof nader om sy onwettige uitsetting uit ’n woonstel in die Wynberg-militêre basis se residensiële vleuel te herroep.

Maj. John Robertson Foto: Edrea du Toit

Maj. John (Robbie) Robertson (52), ’n instrukteur in militêre logistiek by die Youngsfield-basis in Wetton, woon sedert 1996 in die woonstel. Hy het sy vrou in 2009 verloor ná ’n ongeluk op die M3 daar naby. Sy twee volwasse dogters woon elders.

Die afgelopeVrydag het ’n ander gesin onverwags by sy woonstel ingetrek terwyl hy aan diens was.

Robertson se huisraad is die vorige dag sommer deur soldate daar uitgedra nadat hulle die deur met ’n koevoet oopgebreek het.

Toe Robertson uitasem daar opdaag, het ’n senior offisier glo probeer keer dat hy ’n selfoon-
video neem.

Robertson het in trane aan Rapport gesê hy is “verslae en verpletter”. Hy probeer die afgelope paar maande ’n oorplasing na sy geboortedorp, De Aar in die Noord-Kaap, kry waar sy ouer broer, ook ’n oudsoldaat, teen prostaatkanker veg.

Robertson sê hy het in Januarie ’n versoek vir ’n laterale oorplasing – sonder bevordering – na De Aar ingedien.

‘Ek het gesê ek gaan nié dat hulle my dreig nie.’

Hy het onder meer aangevoer dat hy by sy Kaapse woonstel pal deur ’n se-
nior offisier geïntimideer word sedert hy in Oktober verlede jaar van ’n gevorderde kursus van agt maande in Pretoria teruggekeer het. Dié offisier sou aan Robertson gesê het dat hy uit die woonstel gesit en in die tronk gegooi sou word.

“Ek het ’n oproep van my hoofbevelvoerder gekry waarin hy net gesê het hy like nie wat ek doen nie. Ek het gesê ek gaan nié dat hulle my dreig en intimideer nie.”

Robertson sê die kursus waarop hy was, was uitputtend en hy was “emosioneel en kopmoeg”.

“Ek het my bloeddrukpille gedrink. Die dokter het my in Augustus vir ’n week afgeboek. Ek het 32 jaar ondervinding en het ’n passie vir opleiding van jong offisiere. In 1998 was ek betrokke met ondersteuning by die militêre operasie in Lesotho. Ek het my lewe vir die weermag gegee. Het die skielike uitsetting dalk te doen met my velkleur?”

‘Ek het gesê ek gaan nié dat hulle my dreig nie.’

Robertson het intussen betroubaar verneem dat sy brief vir oorplasing volgende maand kom. “Ek verstaan daarom nie die vyandigheid om my uit die woonstel te kry nie? In November is die krag sonder rede afgesny.”

Terwyl hy by die kursus in Pretoria was, het ’n kollega hom gebel en gesê dat ’n staalhek aan sy woonstel se deur “vasgesweis en -gebout” is.

Verlede maand het hy onder toesig van die militêre polisie die hek met ’n hoekslyper oopgesaag. “Ek is uitgesit en dit sonder ’n hofbevel. Ek is verneder voor troepe en onderoffisiere. My reg op privaatheid is ontneem, geen respek is betoon vir my as kleurling- senior offisier nie. Is dit omdat ek uit die ‘ou weermag’ is?

“Hierdie ding moet nooit met enigeen gebeur nie ongeag sy ras. Dit was die laagste oomblik nóg in my militêre loopbaan.”

Jean-Luc Theron, ’n prokureur verbonde aan die firma West & Rossouw, het gister gesê hulle tree namens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-unie (Sanwu) op waarvan Robertson ’n lid is. “Hofstukke word voorberei om gepaste regsoptrede namens maj. Robertson in te stel.”

Brig.genl. Mafi Mgobozi, ’n woordvoerder vir die weermag, het gister gesê Robertson se beplande aansoek sal teengestaan word.

Meer oor:  Uitsetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.