Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Byna niks oor van motor ná botsing met petroltenkwa

Vier mense is Vrydagoggend in ’n ongeluk op die R516-pad buite Rooiberg in die Waterbergstreek in Limpopo dood.

Op foto’s wat geneem is blyk dit dat daar byna niks oorgebly het van die motor wat teen ’n petroltenkwa gebots het nie.

Mike Maringa, woordvoerder van die provinsiale vervoerdepartement, sê ’n motor het reg van voor naby die Kromdraai-kruising teen ’n petroltenkwa gebots.

Vier mense is Vrydag buite Rooiberg in Limpopo dood toe ‘n motor en ‘n petroltenkwa reg van voor gebots het. Foto: Limpopo departement van vervoer

Albei voertuie het op impak aan die brand geslaan.

Die bestuurder van die motor, twee passasiers en ’n kind wat in die motor was, is op slag dood.

Maringa sê die bestuurder van die vragmotor is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem.

Voorlopige inligting daarop dat roekelose en nalatige bestuur en spoed moontlike oorsake van die ongeluk is.

Die polisie ondersoek klagtes van strafbare manslag.

Brandbestryders blus die laaste van die vlamme nadat albei voertuie aan die brand geslaan het. Foto: Limpopo departement van vervoer
Die bestuurder van die petroltenkwa is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem. Foto: Limpopo departement van vervoer

Meer oor:  Motor  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.