Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Carel Boshoff bedank uit Orania-beweging ná klagtes

Carel Boshoff, president van die Orania-beweging, het Saterdag op ’n vergadering van dié beweging se burgerraad bedank.

Carel Boshoff

Dit volg op bewerings dat hy onder meer onregmatig vir hom ’n Mercedes-Benz van R102 000 gekoop en gebruik het, en sy salaris (genoem die presidentshonorarium) met 45% tot R22 000 per maand verhoog het.

Boshoff het in sy openingsrede op die raadsvergadering aangekondig dat hy as president bedank “om oorhoofse verantwoordelikheid te aanvaar vir bestuursgebreke wat in sy termyn ingetree het”, lui ’n verklaring wat Saterdagaand uitgereik is.

Boshoff het luidens die verklaring aangevoer dat hy nuwe uitdagings wil aanpak en “graag ruimte wil skep vir nuwe leiers wat na vore moet tree”. Húlle moet ’n nuwe era met “nuwe inisiatief en insig tegemoetgaan”.

Die burgerraad het ’n mosie aanvaar dat “daar geen sprake van enige misdryf deur enige van sy ampsdraers was nie”.

Die raad verbind hom ook tot goeie korporatiewe beheer en verantwoordelikheid van sy ampsdraers, lui die verklaring. Die raad wil sy beheer- en bestuurstelsel met nuwe leiers versterk.

Meer oor:  Carel Boshoff  |  Bedank  |  Orania
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.