Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Carl Niehaus ontstoke oor skelwoord op Wikipedia

Carl Niehaus, omstrede voormalige ANC-woordvoerder, sê hy het by die aanlyn ensiklopedie Wikipedia gekla omdat hy daarop beskryf word as ’n “massiewe p**s en ’n verleentheid vir die mensdom”.

Wanneer Carl Niehaus se naam op Google ingetik word, is een van die resultate ’n skakel na Wikipedia wat meer inligting oor hom verskaf.

Die eerste paragraaf lui: “Carl Niehaus (gebore 25 Desember 1959) is ’n voormalige woordvoerder van die Suid-Afrikaanse regerende party, die African National Congress, voormalige woordvoerder van Nelson Mandela en was ’n politieke gevangene nadat hy skuldig bevind is aan verraad teen Suid-Afrika.

“Hy het uitgetree as ANC-woordvoerder in Februarie 2009 nadat hy erken het hy het sy eie finansies wanbestuur, nadat hy uitgebreide lenings aangegaan het van politieke kontakte en moontlike bedrog gepleeg het.”

Dan kom die deel waaroor Niehaus baie omgekrap is: “Hy is ook ’n massiewe p**s en ’n vernedering vir die mensdom.”

Niehaus het Woensdagmiddag ontstoke gesê hy het dit gesien.

“Ek het by Wikipedia gekla daaroor. Dis onaanvaarbaar dat daar sulke onaanvaarbare en beledigende dinge oor my geskryf is.

“Dit sê baie meer oor die mense wat sulke dinge skryf as wat dit sê oor die persoon wat hulle aanval.”

Wikipedia sê op sy webtuiste hy het geen sentrale redaksionele raad wat gekontak kan word om kommentaar nie.

Enige persoon wat ’n Wikipedia-rekening skep, kan ’n bydrae oor ’n onderwerp of persoon wysig of skep.

“ ’n Groot aantal vrywilligers skryf die bydraes volgens hul eie diskresie. Wysigings is nie die verantwoordelikheid van die Wikimedia-stigting (die organisasie wat die webtuiste onderhou) of sy personeel nie,” lui ’n vrywaringskennisgewing op Wikipedia se webtuiste.

Dit lui verder hoewel Wikipedia deur Jimmy Wales gestig is, is hy nie persoonlik verantwoordelik vir die inhoud nie.

Daar is duidelik gemerkte skakels op Wikipedia se webtuiste indien ’n persoon oor ’n fout wil kla.

* Niehaus was die naweek weer in die nuus nadat die Sunday Times onthul het dat hy gelieg het oor sy ma se dood as deel van ’n uitgebreide skelmstreek om nie R4,3 miljoen se skuld te vereffen nie.

Carl Niehaus, voormalige omstrede ANC-woordvoerder en woordvoerder van Nkosazana Dlamini-Zuma, ANC-presidentskandidaat, se verkiesingsveldtog.Foto: Deon Raath, Argief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.