Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Carte Blanche’ vier 30 vreeslose jare op M-Net

Die ondersoekende-joernalistiek-program Carte Blanche vier Sondagaand sy 30ste verjaardag met ’n spesiale uitsending oor hoogtepunte van die afgelope drie dekades op die lug.

Volgens Lani Lombard, woordvoerder van M-Net, is Carte Blanche ná 30 jaar steeds die nommereenprogram op M-Net.

Carte Blanche is en was nog altyd vreesloos en skroom nie om tot uiterstes te gaan om die waarheid te vertel nie. Dit het oor die jare heen ’n waghond geword wat byt en blaf waar dit nodig is, sodat ons kykers weet hulle kan dit altyd vertrou.

“Omdat Carte Blanche ’n spieëlbeeld is van die wêreld waarin ons leef, of dit nou in die 80’s, 90’s of vandag is, raak die stories ons almal,” sê sy.

Die program het in 1988 begin toe PW Botha nog die staatspresident en Nelson Mandela nog agter tralies was. Destyds het Ruda Landman die program aangebied saam met Derek Watts, wat nog ’n ankeraanbieder is.

In vanaand se spesiale uitsending van 90 minute sal kykers weer ’n paar onderhoude kan sien met wêreldbekende ikone en ’n paar dramatiese oomblikke toe kwaaddoeners voor Carte Blanche se kameras uitgevang is.

Kykers word genooi om hul herinneringe oor Carte Blanche op sosiale media te deel met die hutsmerk #CarteBlanche30.

Meer oor:  Tv-Program
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.