Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Castro-beeld in Bloem gevandaliseer

Die standbeeld van Fidel Castro, kommunistiese vryheidsvegter en oudpresident van Kuba, is voor die regeringsgebou Fidel Castro House in Bloemfontein gevandaliseer.

Die naamplaat by die standbeeld is afgeruk en gesteel.

Castro was van 1959 tot 1976 Kuba se eerste minister en van 1976 tot 2008 die president. Hy is in 2016 dood.

Die naamplaat van die Fidel Castro-standbeeld voor die regeringsgebou Fidel Castro House in Bloemfontein is afgeruk.

Hy is tydens die bewind van Ace Magashule as eertydse premier van die Vrystaat (en nou sekretaris-generaal van die ANC), met ’n standbeeld in Bloemfontein vereer vir die rol wat Kuba in die Suid-Afrikaanse bevrydingstryd gespeel het.

Netwerk24 het op 25 Oktober 2017 berig hoe Magashule met die onthulling van die standbeeld gedans het.

Hy en Dali Tambo, seun van Oliver Tambo, ontslape ANC-president, en ook Tate Makgoe, Vrystaatse LUR vir onderwys, het op die rooi tapyt voor die standbeeld gedans.

Dié vrolikheid oor die standbeeld van Castro in sy uniform en met ’n landsvlaggie in die hand, het ook van die gaste by die geleentheid later aan die dans gehad.

Die skade aan die standbeeld van Fidel Castro in Bloemfontein is duidelik sigbaar.

Pedro D’Arteaga Cardenas, verteenwoordiger van die Kubaanse regering, het met die onthulling van die standbeeld sy dankbaarheid oor die verering van Castro in die Vrystaat uitgespreek en gesê: “Kuba lewe in die Vrystaat!”

Daar is ook vroeër berig dat die skatryk Dali Tambo die stigter en uitvoerende hoof is van die Koketso Growth-maatskappy wat twee beelde, die een van Castro en die ander een van sy pa, Oliver Tambo, teen R6 miljoen vir die Vrystaatse regering gemaak het.

Tankiso Zola, direkteur: kommunikasie en inligtingstegnologie van die departement sport, kuns, kultuur en rekreasie, wie se departement in beheer van die standbeelde is, het Maandag by navraag gesê hy is nog nie bewus van die vandalisering van die standbeeld nie.

William Bulwane, ondervoorsitter van die Vrystaatse ANC, sê dat hy nie daarvan bewus was nie.

“Vra die Vrystaatse provinsiale regering. Dít is die organisasie wat moet sê wat moet gebeur,” sê hy.

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, en Tiisetso Makhele, haar woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Fidel Castro  |  Bloemfontein  |  Standbeeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.