Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cecile Cilliers dood op 85
Dr. Cecile Cilliers. Foto: Brenda Veldtman

Dr. Cecile Cilliers, bekende rubriekskrywer en resensent wat ook die eerste niepredikantsvrou was wat tot visevoorsitter van die NG Kerk se sinodale komitee verkies is, is Saterdag dood.

Sy was 85 jaar oud.

Mike Botha, 'n goeie vriend van haar, sê ’n hartkwaal waaraan niks gedoen kon word nie, is vroeër by haar gediagnoseer.

Hy sê hy het Vrydag nog telefonies met haar gepraat. “En sy het na haar ou self geklink. Ek het gedink sy sou oukei wees."

Cilliers het veral bekendheid verwerf as rubriekskrywer vir publikasies soos die dagblad Beeld en die tydskrifte De Kat en Sarie. Sy het meer as drie dekades lank vir Beeld geskryf. 

Aan die vooraand van haar 85ste verjaardag het sy vanjaar haar debuutkortverhaalbundel uitgereik.

In Februarie het sy aan Netwerk24 gesê sy wonder of dié bundel, Die ou vrou en die priester (Human & Rousseau), nie dalk ’n soort swanesang is nie.

Sy was onseker of sy nog kortverhale sou publiseer. 

In die beginjare van kykNET het sy en haar suster, Madeleine van Biljon, wat ook ’n resensent en rubriekskrywer was, die boekeprogram Boeksusters aangebied. 

Botha sê hulle het elke week saam gaan eet.

"Sy het een keer gekanselleer omdat sy nie lekker gevoel het nie. Vroeër het haar dogter, Amalie, uit Amerika ook laat weet dat haar ma ’n terugslag gehad het.

“Ons het in Mei haar 85ste verjaardag met ’n partytjie gevier,” sê Botha. “Haar twee seuns was ook hier – een uit Londen en een uit Perth. Dit was baie kosbaar. Sy het daarna saam met hulle wildtuin toe gegaan wat vir haar so lekker was.

"Ek sal ons Maandagetes mis. Ek sal die stories, vermaak en vermanings veral mis.”

Meer oor:  Cecile Cilliers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.