Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cele sal begrafnis van jong vrywilliger bywoon
Ameerodien Noordeen

Bheki Cele, die minister van polisie, sal die begrafnis van Ameerodien Noordeen (20), wat as vrywilliger by Gift of the Givers gewerk het, bywoon.

Noordeen is Vrydag in die kruisvuur van strydende bendes buite ’n snoepwinkel in Hanoverpark doodgeskiet.

Roubeklaers sal Maandag by Columbine Place nr. 4 in Surwood Walk, Hanoverpark, hul laaste eer aan Noordeen betoon, het dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, in ’n mediaverklaring gesê.

Hy het gevra dat mense wat die begrafnis wil bywoon dit met eerbied en waardigheid sal doen om Noordeen se nagedagtenis te eer.

’n Begrafnisgebed sal by Masjidul Ikhlaas, binne loopafstand van die huis in Surwood Walk, gedoen word.

Die begrafnisstoet sal hierna na die Johnstoneweg-begraafplaas in Rylands Estate vertrek.

Sooliman sê heelwat organisasies en hooggeplaastes het reeds bevestig dat hulle die begrafnis gaan bywoon.

Indien iemand met die polisie-ondersoek na Noordeen se dood kan help, kan hulle 082 493 8472 skakel.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Gift Of The Givers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.