Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ceres in rou ná dood van 5 jong mense

Geraldo Wanza. Jaydene Hector. Cedric Fortuin. Keanno Africa. Sue Ann Rauss.

Dié vyf jong mense is Saterdagaand omstreeks 23:30 dood in ’n ongeluk op die R303 buite Ceres. Vier voertuie was betrokke, waarvan een ’n minibustaxi was.

Denise Hartnek, ma van Teaton Manuel (18), wat in die taxi was en oorleef het, sê “die atmosfeer in Ceres is gevul met hartseer”.

Cedric Fortuin Foto: Facebook
Geraldo Wanza Foto: Facebook
Jaydene Hector Foto: Facebook
Sue Ann Rauss Foto: Facebook
Keanno Africa Foto: Facebook

“Almal bid vir mekaar, almal huil. Dit is tragies.”

Hartnek vertel dat sy Saterdagaand laat nog besig was om kos voor te berei vir die Sondag toe sy die nuus hoor.

“Ek het eers nie geweet my kind is ook betrokke nie,” sê dié ma van drie.

“My suster se seun het gebel. Hy het net gesê hulle was in ’n ongeluk, maar dit het nie by my geregistreer dat Teaton betrokke was nie.”

Later het ’n kollega haar gebel en oor haar kind ingelig.

“Toe ek hoor Teaton was in die ongeluk, het ek vinnig reggemaak en ek en my man is dadelik na die toneel.”

Hartnek sê toe sy daar kom, wou sy mal raak.

“Ek het na my kind geroep. Hy was vol bloed toe ek hom kry.”

Manuel se regterarm was naby sy skouer oopgeskeur.

“Ek kon sien hoe die aar klop. Sy arm is ook baie lelik gebreek. Hy wag nog om geopereer te word,” sê sy.

Volgens wat Manuel vir Hartnek vertel het, het die rooi motor in die taxi vasgery.

Hulle was bekend en kinders het na hulle opgekyk.
Martin van Wyk

“Ek is in skok oor almal wat dood is. Dit is so ’n jammerte. Almal wat dood is, het mekaar geken.”

Hartnek vertel Keanno was ’n “pragtige jong man met ’n blink toekoms”.

“Hy was die eienaar van Ceressiet, ’n klereonderneming hier in Ceres,” sê sy.

Leon Strauss, ’n inwoner van Ceres, sê hy het Keanno en Cedric geken.

“Die jong mense se dood het ’n warboel van emosies in my ontlok. My vrou is in 2012 op Nuwejaarsdag ook in ’n ongeluk dood,” sê hy.

“Ek weet nie hoe hulle gesterf het nie, maar ek weet hoe hulle gelewe het. Ek ken Jaydene se ouers. Al daardie ouers se hartseer is ons as gemeenskap se pyn.”

Martin van Wyk, voorsitter van die Witzenberg-sportraad, sê Keanno en Cedric het saam rugby gespeel.

“Hulle was bekend en kinders het na hulle opgekyk,” sê hy.

Netwerk24 het die ouers van die slagoffers probeer bereik, maar hulle is nog te hartseer om te praat oor wat gebeur het.

Meer oor:  Ceres  |  Botsing  |  Sterf  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.