Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Chameleon sê hy het nuusman nié geskel

Die sanger Chris Chameleon sê toe hy na Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, as ’n “fagott” verwys het, het hy nie die skeldnaam vir ’n homoseksuele man gebruik nie.

Basson het Maandag die skakel na ’n berig oor die lys van plaasname wat AfriForum bekend gemaak het, op Twitter geplaas. Hy het daarby geskryf:

“Walglike vreesaanjaers in die ergste graad. Sal @afriforum tugstappe doen teen @ErnstRoets vir die verspreiding van fopnuus? Sal hulle om verskoning vra? Ons het koel koppe nodig – nie brandstigters nie – in hierdie debat.”

Chameleon het daarop reageer en in sy twiet na Basson as “Mr. Fagott” verwys, en gesê dat die onteiening van grond die eintlike “walglike vreesaanjaer” is. Sy twiet lui:

“Hier is hoe Mnr. Fagott se kop werk: a: ‘Ons gaan b se land vat!’ b: ‘a gaan ons land vat!’ Mnr. Fagott: ‘b is ’n walglike vreesaanjaer!’”

Chameleon sê dan in nog ’n twiet dié verwysing is ’n blote sinspeling op Basson se van. Ook omdat Basson volgens hom van Franse herkoms is. 

Chris ChameleonFoto: Argief

Chameleon, wat as hoofsanger van die groep Boo! vroueklere en grimering gedra het, het by navraag gesê dat hy Basson nie ’n “faggot” – die skeldnaam vir ’n gay man, of ’n “fagot”, ’n blaasinstrument – genoem het nie, maar dat hy bloot sy van ontleed het.

“Dit is so ’n stukkie genealogie en ek het ’n groot belangstelling in instrumente. Dis ’n orkestrale feit en nie ’n sosiale feit nie. Adriaan is nie ’n instrument nie. Ek het ander volgelinge se vanne ook ontleed . . . Ek kan nie pa-staan vir ander mense se gedagtes nie,” sê Chameleon.

Helene du Preez, ’n voormalige dosent in die departement van moderne Europese tale aan die Universiteit van Pretoria, het bevestig “basson” is die Franse woord vir die instrument wat in Engels ’n “bassoon” en in Afrikaans ’n “fagot” genoem word.

Die manier waarop Chameleon “Fagott” in sy twiet spel, is volgens die aanlyn woordeboek Deutsches Wörterbuch die Duitse vertaling van die blaasinstrument die fagot se naam.

Chameleon sê Basson se kommentaar oor AfriForum “was nie sy grootste oomblik in die joernalistiek nie”.

AfriForum het gesê dat hy die dokument van ’n bron in die staatsdepartement ontvang het en het dit onomwonde gestel dat die waarde daarvan nie geverifieer kan word nie.
Adriaan Basson, hoofredakteur van News24.Foto: Argief

“AfriForum is nie ’n nuusagentskap nie; daarom is ‘fopnuus’ nie die regte term om te gebruik nie en AfriForum kan nie verantwoordelik gehou word op die wyse wat gereserveer is vir nuusagentskappe nie,” sê hy.

“AfriForum het gesê dat hy die dokument van ’n bron in die staatsdepartement ontvang het en het dit onomwonde gestel dat die waarde daarvan nie geverifieer kan word nie.”

Chameleon beskou die persoon wat die dokument uitgelek het as ’n “held” en sê dit is “wonderlik” dat AfriForum dit aan die groot klok gehang het.

“Die regering sê dis nie waar nie, maar ek het min vertroue in die regering,” sê hy.

Llewellyn Prince het vroeër berig AfriForum se bekendmaking van ’n lys van 195 plase wat glo vir onteiening sonder vergoeding geteiken word, is volgens Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, ’n “daad van sabotasie” en “teen die nasionale belang”.

Basson wou nie kommentaar op Chameleon se twiets lewer nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Chris Chameleon  |  Adriaan Basson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.