Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Chaos in Pta - Busbestuurders dalk aangekla
busstaking
Busse versper 'n straat in die Pretoriase middestad. Foto: Isabel Venter

Die busbestuurders wat Maandagoggend munisipale busse gebruik het om paaie in Pretoria te versper, kan moontlik van diefstal aangekla word.

Dit het tot algehele verkeerschaos in Pretoria se sakekern gelei.

“Die busse is deur betogende busbestuurders van die Tshwane- munisipale busdienste gebruik en op hoofroetes geparkeer om verkeersvloei te belemmer. Dit moet nou deur die metro weggesleep word,” sê Sheila-Lynn Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer in Tshwane.

“Die Tshwane-metro weet al sedert verlede week dat Samwu-lede vandag (Maandag) om beter lone sou betoog, maar die betogers het ’n stappie te ver gegaan deur busse sonder toestemming van die stad te neem om die sakekern te blokkeer en honderde motoriste te verontrief.

“Die stad vra om verskoning daarvoor. Ons doen alles in ons vermoë om die busse te verwyder sodat verkeersvloei vir die res van die dag kan normaliseer. Ons oorweeg ook die opsie om die busbestuurders wat die busse wederregtelik uit die depot geneem het, van diefstal aan te kla,” sê Senkubuge.

“Die onderhandelings vir ’n 18%-loonverhoging vir munisipale werkers het op niks uitgeloop nie en die verbreking van die dooiepunt word doelbewus deur die Tshwane-metro vertraag,” het Mpho Tladinyane, streeksekretaris van Samwu in die Groter Tshwane-streek, Maandag aan Netwerk24 gesê.

Volgens Tladinyane is munisipale busbestuurders ontevrede oor die salarisverhogings wat sommige afdelingshoofde gekry het. “Werknemers op laer vlakke se salarisse is nie verhoog nie. Al wat Samwu eis, is die billike behandeling van dié groep. Die metro gebruik ’n vertragingstaktiek aangesien daar nie op werkers se eise gereageer word nie en voortgegaan is met die herstrukturing van vergoedingspakkette. Dié reaksie van die metro beskou ons as ’n verwerping van ons 18%-eis,” sê Tladinyane.

“Dit is jammer dat ons tot hierdie uiterste moet gaan om die metro se aandag te kry,” sê hy. Hy wou hom egter nie verder uitlaat oor die versperring van paaie as deel van die protesoptrede nie.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane- metropolisie, het vroeër gesê roetes soos Es’kia Mphahlele-, WF Nokoma-, Thabo Sehume- en Madibastraat word deur die busse versper.

Meer oor:  Pretoria  |  Diefstal  |  Verkeer  |  Busbestuurders  |  Tshwane-Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.