Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Chaotiese jaagtog eindig in botsing

’n Chaotiese jaagtog deur die strate van Upington het in ’n ongeluk naby die munisipale swembad geëindig.

Volgens sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, het die 39-jarige bestuurder van ’n Volkswagen Polo Maandagmiddag teen ’n Nissan NP200-bakkie gebots nadat verkeersbeamptes hom agtervolg en probeer stop het.

Masegela sê die motor is deur ao. Christo Van Zyl op die N14 opgemerk toe hy van Kathu na Upington onderweg was.

Die bestuurder het glo amper twee ongelukke op die N14 veroorsaak wat Van Zyl genoodsaak het om die provinsiale verkeersdepartement in kennis te stel om op die uitkyk vir die motor te wees.

Die Volkswagen Polo kort ná die botsing op Upington. Foto: Retha Fox

Verkeersbeamptes het die bestuurder by die weegbrug sowat 10 km voor Upington probeer stop, maar hy het verbygejaag.

’n Jaagtog het daarna gevolg en die bestuurder het by die verkeersirkel by die munisipale swembad in die dorp teen ’n ander voertuig gebots.

Masegela sê die passasier van die bakkie is beseer en na ’n hospitaal gebring.

By nadere ondersoek is vasgestel dat die Polo nie ’n lisensie het nie.

Die verkeersbeamptes het die bestuurder vir bloedtoetse na die Dr. Harry Surtie-hospitaal gebring.

Die Nissan NP200-bakkie nadat die Polo daarteen gebots het.Foto: Retha Fox

Masegela sê die dokters het gevra om die man vir verdere ondersoeke en waarneming by die hospitaal te hou omdat hulle onseker was oor sy toestand.

Die man is in die stadium nie in hegtenis geneem nie.

Motoriste wat die jaagtog gesien het, het Maandag dadelik op sosiale media oor die ongeluk gesels.

Leána Opperman het gesê: “Daardie kar het in my baan in Malherbestraat van voor af gekom met ’n polisievoertuig agter hom aan. Was amper in my vas omdat hy in die verkeerde baan gery het en weggejaag het vir die polisievoertuig.”

Masegela sê die Upington-polisie ondersoek ’n saak van nalatige en roekelose bestuur.

Meer oor:  Upington  |  Botsing  |  Jaagtog  |  Padongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.