Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Charlie, eienaar herenig na ongeluk

’n Hondjie wat verlore geraak het ná ’n motorongeluk op die N2 buite Albertinia in die Suid-Kaap, is ongedeerd gevind danksy ’n oplettende weldoener.

Charlie voor die ongeluk. Foto: Facebook
Charlie in Audrey Lacey se motor nadat hy gered is. Foto: Audrey Lacey/Albertinia-dierewelsyn

Die vyf maande oue Charlie het op 8 Augustus verlore geraak toe sy ounooi, Lauren Uys, ’n onderwyser van Kaapstad, in ’n ongeluk buite Albertinia betrokke was. Charlie het weggehardloop in die rigting van nabygeleë plase nadat ’n bakkie teen Uys se motor gebots het.

Audrey Lacey van Albertinia-dierewelsyn het plakkate oral in die omgewing opgesit.

Saterdag het sy ’n oproep van Adam September, ’n inwoner van Keurhoek naby Albertinia, gekry. “Hy het Charlie gered.”

Volgens September het hy die hondjie Saterdag net ná 06:00 oor die teerpad sien hardloop. Hy het besef dis die hondjie wat gesoek word. Hy het hom opgeraap en Lacey dadelik geskakel.

“Ek het nog nooit sulke blydskap gesien nie. Charlie het getjank en my gesig gelek. Ons is so dankbaar dat Adam hom oor Charlie ontferm het,” het Lacey gesê.

Uys het hom gaan haal. Haar man, Jared, sê sy is geskok ná die ongeluk, maar andersins ongedeerd. “Ons is baie dankbaar dat Charlie gevind is met die hulp van Albertinia se gemeenskap. Baie dankie vir almal se hulp en bystand ná die ongeluk.”

Meer oor:  Albertinia  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.