Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cheetah-baas se ‘Eden’ verwoes in brand
Harold Verster se strandhuis in Knysna wat afgebrand het.

“Ons Eden, ons eiland in die son, het afgebrand.”

Só sê Harold Verster, uitvoerende hoof van die Vrystaat-Cheetahs (Edms.) Bpk., nadat hul strandhuis by Brenton-on-Sea ook in die slag gebly het met die brande wat tans by Knysna en Plettenbergbaai woed.

“Ons weet nog nie wat die presiese skade is nie, maar ons bure het ons laat weet die huis het afgebrand,” het hy Donderdag by navraag gesê.

“Hulle (die bure) moes vlug, want die vlamme het meters hoog gebrand.”

Dié vierslaapkamer-houthuis is nou al 36 jaar deel van sy familie en hulle het gereeld daar gaan vakansie hou.

Dit was nou dalk nie ’n mooi huis nie, maar dit was ’n lékker huis. Dit was ons stukkie versteekte paradys. Ons Eden, ons eiland in die son
Harold Verster

“Dit was nou dalk nie ’n mooi huis nie, maar dit was ’n lékker huis. Dit was ons stukkie versteekte paradys. Ons Eden, ons eiland in die son.”

Hy sê op die foto wat hy van sy afgebrande huis gekry het, is daar net as oor.

“Die yskas, die stoof, álles is nou net ’n laag as.”

’n Familielid van die Wildernis sal binnekort na die huis gaan om die presiese skade te bepaal.

Harold Verster se Knysna-huis voordat dit afgebrand het.

Selfs Louise Klopper en haar man, Wouter, wat deel is van die Kloppers-maatskappy, is tans in Knysna.

“Dit is verskriklik!” sê sy.

“My hart breek. Ek het nog nooit so iets gesien nie.”

Hulle huis en die Kloppers in Knysna het gelukkig nie skade nie.

“Maar, as ek moet skat, is hier seker nou 20% van Knysna se inwoners sonder huise. Die hele Knysna brand. My hart is in stukke.”

’n Huis in puin ná die brande in Knysna. Foto: Louise Klopper

Die verwoestende brande in Brenton-on-Sea. Foto: Louise Klopper
‘n Hartverskeurende toneel ná die brande in Knysna. Foto: Louise Klopper
Huise en voertuie is in puin gelê. Foto: Louise Klopper
Dele van Knysna waar die brand byna geblus is, is pikswart. Foto: Louise Klopper
Die brande het alles uitgebrand. Foto: Louise Klopper

Meer oor:  Harold Verster  |  Brenton-On-Sea  |  Knysna  |  Verwoes  |  Brand  |  Eden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.