Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cheetahs se vliegtuig breek

Die vloek wat rus op Pro14-rugbyspanne se vlugte duur voort.

Die keer was die Cheetahs aan die ontvangkant.

Die vliegtuig waarmee hulle via Johannesburg na Port Elizabeth moes vlieg vir Vrydag se wedstryd in die Baai teen die Southern Kings, het Donderdag op die aanloopbaan in Bloemfontein probleme gegee.

Die vliegtuig het omstreeks 15:30 op die aanloopbaan gebreek.

Die groep kon toe eers kort ná 17:00 opstyg.

Dié oponthoud het meegebring dat die span sy aansluitingsvlug op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg na Port Elizabeth verpas het.

Die span moes toe maar in Johannesburg oornag en sal Vrydagoggend na Port Elizabeth reis.

“Ja, dis so ’n klein bietjie ‘slegte geluk’, maar eerder teenspoed van die veld af as op die veld,’’ het die afrigter, Franco Smith, gesê.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Vliegtuig  |  Cheetahs  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.