Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Chester: Diens Saterdag in Nuweland-stadion

Tussen 5 000 en 7 000 mense word Saterdag by die begrafnisdiens van die ontslape rugbylegende Chester Williams (49) verwag.

Williams is verlede Vrydag aan ’n hartaanval dood.

Chester Williams in sy laaste televisieonderhoud. Foto: Skermgreep/Via

Theo Esau van die departement van openbare werke het Vrydag gesê Williams se begrafnisdiens word Saterdag om 12:00 by die Nuweland-rugbystadion in Kaapstad gehou.

Die diens sal Saterdagoggend deur ’n private diens by Williams se huis in Plattekloof, Kaapstad, voorafgegaan word.

Esau sê Williams se kis sal sy huis omstreeks 11:00 na Nuweland verlaat. Verkeersbeamptes van die Kaapse metroraad en van die provinsiale verkeersafdeling sal sy stoet na die rugbystadion begelei.

Hy sê hoewel amptelike uitnodigings nie na mense uitgestuur is nie, word daar verwag dat baie mense vir die diens gaan opdaag.

Die podium vanwaar die diens gelei sal word, gaan voor die hoofpaviljoen opgerig word. Dis ook die gedeelte van die stadion waar die mense gaan sit wat die begrafnis bywoon.

Hy sê die onderste gedeelte van die hoofpaviljoen kan 7 000 mense akkommodeer. Mense gaan gevra word om sitplekke van onder af vol te maak. Daarna sal die boonste gedeelte van die hoofpaviljoen, wat 4 500 mense kan akkommodeer, gevul word.

“Daar sal voldoende veiligheidsmaatreëls wees om te sorg dat almal veilig is en alles vlot verloop.”

Volgens die program begin die begrafnisdiens om 12:00. Sprekers sluit in Morné du Plessis, voormalige Springbok-agsteman en -kaptein, asook die spanbestuurder van 1995 se seëvierende Wêreldbeker-span, dr. Steve Harris, Williams se vriende, Dolf de Wee en Jerome Paarwater, Mandla Gagayi, UWK se Sport-direkteur, Pete Gottgens van die Asara-wynlandgoed, Williams se vrou, Maria, en hul kinders, Ryan, Chloe en Matthew, Nathi Mthethwa, minister van sport, en Patricia de Lille, minister van openbare werke.

Die diens word deur Lutasha Ndesi gelei.

Chester Williams se vrou, Maria, en hul kinders, die tweeling Chloe en Matthew, en Maria se seun Ryan Robson tydens ’n gedenkdiens wat Donderdagaand in die Boland-rugbystadion vir hom gehou is. Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Chester Williams  |  Kaapstad  |  Sterfgeval  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.