Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Chester het voluit gelewe, sê sy vrou
Maria Williams, Chester se weduwee met hul kinders, Chloe, Ryan en Matthew. Foto: Jaco Marais

Die legendariese voormalige Springbokvleuel, Chester Williams (49) het ’n vol lewe gelei.

Só het sy vrou, Maria, het Saterdag gesê op sy begrafnisdiens wat in die Nuweland Rugbystadion gehou is

Sy het die Wêreldbekerrugbyspan van 1995 bedank en gesê hulle was altyd ’n inspirasie.

Chester is op 6 September ná ’n hartaanval in die Panorama-hospitaal in Plattekloof, Kaapstad, dood.

Sy het gesê sy Wêreldbekerspanmaats hom geïnspireer en hy was lief vir hulle.

Sy het die afgelope week tyd gehad om terug te dink aan haar lewe saam met die man wat sy aanbid en liefgehad het. Hy was die mees toegewyde pa vir hul drie kinders. Hy het altyd tyd vir hulle gehad, maak nie saak waar in die wêreld hy gewerk het nie.

PJ Powers het by die begrafnisdiens gesing.Foto: Jaco Marais

Sy het ook gesê dat sy nooit gaan ophou met die werk by die Chester Williams-stigting nie. Sy het ’n beroep op Conrad Poole, burgemeester van die Paarl, gedoen om toestemming te gee dat ’n kleuterskool in die Chester Williams- informele nedersetting gebou kan word.

Chester se dogter, Chloe (15), het in haar huldeblyk aan haar pa gesê sy hy is haar held, haar rots, die een mens wat haar altyd kon laat lag, maak nie saak wat nie.

“Ek het nooit gedink ek sou ooit hier staan nie, minstens nie so gou nie. Vandag gee my pa my die krag om hier te staan.”

Sy het gesê sy kan nie beskryf hoeveel hy vir haar beteken het nie.

“Jy was ’n wonderlike pa, my held, my rots. Jou nalatenskap sal vir altyd voortleef. Ek wens ek kon jou soen, een laaste keer en sê hoe lief ek is vir jou, net vir een laaste keer.”

Sy het gesê dat die eerste 15 jaar van haar lewe die beste was. “Jy het so ’n wonderlike hart, ek kan niemand anders met jou vergelyk nie.

“Daar gaan nie ’n dag verby dat ek nie aan jou dink nie.

Vir die wêreld was jy Chester Williams, maar vir my was jy die wêreld. Ek is lief vir jou, Daddy.

“Vir die wêreld was jy Chester Williams, maar vir my was jy die wêreld. Ek is lief vir jou, Daddy.”

Ander sprekers was Dani Dinu, ’n Roemeense sakeman en vriend van Chester, sy seuns, Ryan Robson en Matthew, Patricia de Lille, minister van openbare werke en die tweeling se peetma, Nathi Mthethwa, minister van sport, en Morné du Plessis, spanbestuurder van die 1995 seëvierende Springbokspan.

Chester is by ’n private geleentheid veras.

Meer oor:  Chester Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.