Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Chris Barnard sterf

Die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard is Maandagoggend in die ouderdom van 76 aan ’n hartaanval dood. 

Hy word oorleef deur sy vrou, die filmregisseur Katinka Heyns, hul seun, Simon, sy seuns Johan, Stephan, Tian en Reghard uit ’n vorige huwelik, en sy broer, Sam.

Barnard is bekend vir romans soos Boendoe en Mahala en die radiodrama Die Rebellie van Lafras Verwey

Mahala word deesdae as een van Afrikaans se klassieke literêre werke beskou en is in 1973 met die Hertzog-prys bekroon.

Hy het ook verskeie televisie- en filmdraaiboeke, insluitende dié van Die storie van Klara Viljee en Paljas, geskryf.

Huldeblyke vir die skrywer het van vroegoggend reeds op sosiale media ingestroom.

Izak du Plessis, RSG-radioaanbieder, het getwiet: “Die skrywer Chris Barnard vanoggend na hartaanval oorlede. Bevestig deur Katinka Heyns en Frederik de Jager. @zarsg #sabcnews #Monspek1”

Johanna van Eeden, hoofredakteur van Media24 se dagblaaie, het geskryf, “Hartseer om te verneem van die afsterwe van die skrywer Chris Barnard. Afrikaans is vandag armer.”

Die Afrikaanse Taalkommissie het op hul Facebookblad geskryf: “Die afsterwe van Chris Barnard is ’n groot verlies vir Afrikaans. Hy het oud en jonk met sy stories vermaak en ons almal ’n glimp gegee van die veerkrag van die taal wat ons praat. Ons sal hom mis.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.