Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Christina Storm op pad na dogter ná Small se dood
james small, christina storm
James Small en Christina Storm toe hulle in die jare negentig 'n paartjie was. Foto: Argief

Christina Storm-Nel was Woensdagmiddag ná die nuus van James Small se dood inderhaas van haar huis in die Oos-Kaap na Johannesburg onderweg om by haar en die rugbyheld se tienerdogter, Ruby, uit te kom.

Small (50) was juis op pad na Ruby (14), wat in daardie stadium by hom in Johannesburg tuisgegaan het, toe hy vermoedelik ’n hartaanval gehad het.

Storm-Nel se man, Paul, sê sy is nie in die stadium beskikbaar vir kommentaar nie omdat sy op pad na haar dogter is. Die voormalige glanspaartjie het toesig oor Ruby gedeel.

Small het ook ’n negejarige seun, Caleb, uit ’n ander verhouding.

Sy twee kinders, sy ma, Vaughn, en sy ouer suster, Kelly, was die eerste in vriende en kennisse se gedagtes toe die nuus vroeër die dag deur die voormalige Springbok-vleuel se ma bevestig is.

“Ons vermoed dit was ’n hartaanval, maar kan dit nog nie bevestig nie,” het Vaughn Small in trane aan Jana Breytenbach gesê.

Sy was daarna nie meer vir kommentaar beskikbaar nie.

Loui Fish, met wie Small kort ná die Bokke se 1995-Wêreldbekersege ’n verhouding gehad het, sê haar “hart gaan uit” na Small se ma, Christina en Ruby.

“Gemeenskaplike vriende het my van James laat weet. My hart is absoluut stukkend. En ek wil nie eens dink waardeur sy ma gaan nie,” het sy gesê.

Fish en Small het mekaar in 1995 ontmoet, die naweek ná die Wêreldbeker-toernooi.

Ek is dankbaar ons kon dit doen terwyl hy nog geleef het, want mense soos hy is legendes

“Ag, ons was toe nog kinders, ek was so 22 jaar oud. Ons verhouding het gehou tot 1997, maar ons het later, toe ons so in ons 40’s was, weer vriende geword.

“Ons was op die ou einde oukei.

“Sy dood is hartverskeurend,” sê Fish.

27 November 2002, Mark Fish Photo Shoot, London, E
Loui Fish

Mervyn Taylor, hoof van die Noordwes-Universiteit se rugby-instituut en president van die Luiperds, onthou Small as iemand wat geen moeite ontsien het vir die spelers wat hy help afrig het nie.

“James het in 2015-’16 gehelp om die Pukke se Varsitybeker- en die Luiperds se Curriebekerspan af te rig. Hy het ’n impak gehad op die ouens en hulle het waardering gehad vir hoe hy met hulle gewerk het.

“Hy het net nou die dag nog in Johannesburg kom kyk toe ons gespeel het. Hy het altyd moeite gedoen om te kom kyk as die Pukke daar speel.

“Ons was baie lief vir hom. Dis sleg om te hoor hy is dood – so jonk nog, en sy twee kinders ook,” sê Taylor.

Johnny Burger, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Heldesaal, sê Small is in 2015 saam met die res van die 1995-wenspan daarin opgeneem.

“James en daardie Springbokspan het baie vir die land gedoen, ons verenig.

“Ek is dankbaar ons kon dit doen terwyl hy nog geleef het, want mense soos hy is legendes,” sê Burger.

Meer oor:  Christina Storm-Nel  |  James Small  |  Johannesburg  |  Oos-Kaap  |  Sterfgeval  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.