Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Clanwilliam verloor 1ste verpleegster aan Covid-19

Clanwilliam in die Wes-Kaap het sy eerste gesondheidswerker aan Covid-19 verloor.

Elizma Theresa April (56) is vroeg Dinsdagoggend dood.

Elizma Theresa April
Elizma Theresa April (56) Foto: Facebook

Sy was 37 jaar lank ’n verpleegster van die Clanwilliam-hospitaal.

Dr. Jas Strauss, superintendent van die hospitaal, het bevestig dat sy die eerste gesondheidswerker in die dorp is wat aan Covid-19 gesterf het.

“Ek het haar sedert 1986 geken,” sê hy. “Sy was ’n wonderlike mens en het ’n lang pad saam met die hospitaal gestap.”

Strauss het gesê die hospitaal gaan Vrydag ’n klein interne diens vir haar hou.

“Dit was ’n groot skok en ons is almal baie hartseer. Sy was ’n groot deel van die hospitaal.”

Mense het op sosiale media hulde aan April gebring.

Maxwell Heins, ’n plaaslike raadslid, het gesê hy het haar as antie Lizzie geken.

“Haar tyd by die hospitaal was nie net ’n beroep vir haar nie, maar ’n roeping. Ek kon sien hoe sy omgee vir haar pasiënte, want sy het ook omgesien na my ma, wat kanker het.”

Volgens hom was sy “altyd ’n bok vir sports en het ’n goeie humorsin gehad”.

“Sy was nederig en liefdevol en kon enigiemand welkom laat voel.”

Hy meen April se dood het die dorp se mense in vrees gedompel. “Dit maak my angstig dat iemand gevat is wat ons teen die virus moes beskerm.”

Strauss het gesê hy hoop April se dood laat mense die erns van die virus verstaan.

“As jy ingeënt kan word, registreer jou en gaan ent jou in sodat jy immuniteit teen die virus kan opbou.”

April sal Saterdag ter ruste gelê word.

Meer oor:  Clanwilliam  |  Wes-Kaap  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.