Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Corné Krige steek kers aan vir ma wat sterf

Die voormalige Springbok-kaptein Corné Krige (45) is gebroke nadat sy ma, Cecilia (74), Dinsdagmiddag ná ’n lang stryd met emfiseem oorlede is.

“Sy het die laaste jaar, eintlik twee jaar, nogal baie swaar gekry en gesukkel met asemhaling,” sê hy.

“Dit is maar ’n stadige ding en sy het nogal gely. Dit is amper ’n verlossing.”

Cecilia en Corné se pa, Corrie (76), woon steeds in Zambië, waar hy en sy broers ook gebore is. Sy is ook daar oorlede. Sy het nie Covid-19 gehad nie, sê hy.

Corné Krige, Cecilia
Corné Krige as ’n klein seuntjie saam met sy ma, Cecilia.

“Dit is maar sleg dat ek en my oudste broer, wat in Engeland woon, nie daar kan wees nie. My ander broer is ten minste daar.

“Hy het my gister gebel met die nuus van haar heengaan. Ek wag eintlik al ’n rukkie vir die oproep, want sy was maar baie siek.

“Ons leef nou in vreemde tye. Reëlings vir die begrafnis is nou baie moeilik en ek weet nie of ons uit die buiteland na die plaas kan gaan nie.”

Hy sê indien reis nou onmoontlik is, sal ’n privaat verassing moontlik gedoen word en dan, sodra reis tussen lande weer makliker is, sal die broers bymekaarkom om haar as te strooi.

Corné sê dit gaan goed met sy pa se gesondheid. Hy en Cecilia was geskei.

Corné het Dinsdagaand ’n kers aangesteek om “die ongelooflike lewe” van sy ma te vier.

“My hart is stukkend, maar sy is vreedsaam en ly nie meer nie,” het hy op Instagram geskryf.

Corné Krige
Die kerse wat Corné Krige Dinsdagaand aangesteek het ter nagedagtenis aan sy ma. Foto: Instagram/Corné Krige

Meer oor:  Emfiseem  |  Corné Krige
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.