Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19 eis baanbreker-biskop van Swaziland

Ellinah Wamukoya, die eerste vrou wat tot biskop van die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika en op die vasteland verkies is, is Dinsdag aan Covid-19 dood.

Luidens ’n verklaring deur Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, is Wamukoya, wat in 1951 gebore is, aan die einde van verlede week in die hospitaal opgeneem en op suurstof geplaas.

Sy verskyn op dieBBC se 100 Women 2016-lys van inspirerende en invloedryke vroue.

Wamukoya is in 2012 tot die biskop van Swaziland verkies. Sy was voorheen die stadsbeplanner en later stadsklerk van Manzini nadat sy ’n meestersgraad in dorp-en-streekbeplanning behaal het.

Sy het in 2005 die priesterwyding ontvang toe sy die Anglikaanse kapelaan by die University of eSwatini was.

Volgens Makgoba was sy veral bekend vir haar passie vir die omgewing.

“Sy laat haar man, Okwaro Henry Wamukoya, hul kinders en kleinkinders agter. Mag haar siel in vrede rus,” eindig Makgoba se verklaring.

Biskop Ellinah Wamukoya van Swaziland tydens ’n besoek aan Kaapstad. Foto: Jaco Marais



Meer oor:  Koronavirus  |  Swaziland  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.