Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19 eis polisiebevelvoerder
Wyle Kapt. Andrew Leslie en sy vrou, Colette. Foto: VERSKAF

Die gemeenskap van Middelburg is in rou nadat die waarnemende bevelvoerder van die plaaslike polisiekantoor aan Covid-19 dood is.

Volgens sy vrou, Colette, het kapt. Andrew Leslie (53) verlede Maandag begin kla van hoë koors. ’n Dokter het hom tuis besoek en vir Covid-19 getoets. Teen Vrydag is die uitslae van die toets positief bevestig en was Leslie reeds heelwat sieker. Hy is Maandag in die hospitaal opgeneem en in isolasie geplaas. Voordat ’n ambulans, wat uit Bloemfontein ontbied is, later die aand opgedaag het, is hy egter dood.

Leslie was ’n boorling van Middelburg en het aan die Middellande Hoërskool in Midros gematrikuleer. Hy word deur sy vrou, ’n dogter (12) en ’n seun (23) oorleef. Elsabé Pienaar

Meer oor:  Andrew Leslie  |  Middelburg  |  Covid-19  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.