Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19 eis oudkaptein van bomeenheid

Covid-19 het die naweek in Gqeberha (Port Elizabeth) waarskynlik een van die land se mees ervare bomtegnici geëis.

Rassie Erasmus (voor) saam met sy drie seuns, Nicky (links), Reino en Gerrie.
(Covid-19) is nie ’n grap nie, dit belowe ek jou.

Oudkapt. Rassie Erasmus (61) is Sondag in ’n plaaslike hospitaal aan die virussiekte dood.

Sy naam was jare sinoniem met misdaadvoorvalle in die Oos-Kaap waarby plofstof betrokke was en selfs ná sy aftrede twee jaar gelede het hy nou met die Valke saamgewerk.

Ná 42 jaar in die polisiediens en 30 jaar se ervaring in die polisie se bomeenheid, meen sy seun Nicky Erasmus hy was Suid-Afrika se mees ervare bomtegnikus.

“Soos jy hom gesien het, so was hy altyd. Hy was deur en deur ’n polisieman. Jy kon nooit die polisieman uit hom haal nie. Selfs ná sy aftrede het hy met private ondersoeke aangegaan,” sê Nicky.

Erasmus en sy vrou, Penny, en hul kinders is sowat 20 dae gelede positief vir Covid-19 getoets.

Sy gesin het egter gedink hy is op die herstelpad met die dokters wat beplan het om hom vandeesweek uit die waakeenheid na ’n ander hospitaalsaal oor te plaas.

“Maar sy hart kon eenvoudig net nie die straf hanteer nie, toe gee sy hart Sondagaand net in,” sê Nicky.

Erasmus het sowat vier jaar gelede ’n driedubbele hartomleiding gehad en was ’n diabeet, maar sy familie was steeds hoopvol hy sal die virussiekte oorleef.

Oudkapt. Rassie Erasmus (links) het kort voor sy aftrede in Desember 2019 gehelp met ’n ondersoek na 19 mortiere wat in die Strelitziadam in Kariega (Uitenhage) gekry is. Regs staan brig. Tembinkosi Kinana, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, wat saam met Erasmus die dam besoek het. Foto: Lulama Zenzile

“(Covid-19) is nie ’n grap nie, dit belowe ek jou. Ek het dit baie lig gehad, maar dit het my lewe verander, en my pa kon nie daardeur kom nie.”

Nicky sê een van sy beste herinneringe aan sy pa kom uit 1994 toe hy op een aand 12 selfgemaakte ploftoestelle, wat in die Gqeberha-gebied geplant is, met slegs ’n Leatherman-mes onskadelik gestel het.

“Die bomeenheid was sy passie. Die gevaar daarvan was altyd in ons agterkop, maar hy was ’n noukeurige mens wat sy werk so goed geken het dat hy dit met selfvertroue kon doen en daarom was ons gerus.”

Erasmus word deur sy vrou, drie seuns, Nicky, Reino en Gerrie, en twee kleinkinders oorleef.

’n Roudiens word vir later die week beplan, met slegs sy gesinslede en nabye vriende wat dit sal bywoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.