Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19 eis pastoor van Winburg

’n Troosdiens word Vrydag vir Dries van Wyk (61), AGS-pastoor van Winburg in die Vrystaat, gehou nadat hy aan Covid-19 dood is.

Past. Dries van WykFoto: Verskaf

Van Wyk is van die Huis van Aanbidding op die dorp, en is Sondagoggend vroeg in die hoësorgeenheid van die Bongani-streekhospitaal in Welkom dood.

Sy vrou, Hannelie, sê hy is omstreeks 01:30 in die hospitaal dood nadat hy Donderdagaand van die Winburg-hospitaal daarheen oorgeplaas is.

Van Wyk was ’n week by die huis voordat hy in die hospitaal opgeneem is.

“Hy was die wonderlikste mens wat ek geken het en hy het regtig vir sy naaste en almal rondom hom omgegee. Hy wou altyd vir almal die beste hê.”

Sy sê ook hy was die beste pa en oupa.

Die egpaar past. Dries en Hannelie van Wyk. Foto: Verskaf

Van Wyk word onder andere deur sy vier kinders, Riaan, Jean-Pierre, Blyde Kruger en Cindy Hammacot oorleef, asook deur Hannelie se kinders, Morné en Neil Potgieter, sewe kleinkinders en ’n agterkleinkind.

Sy vrou sê hy sal landwyd en oor die wêreld heen veral gemis word vir sy preke wat hy twee keer per week uitgestuur het.

“Dit het hoeveel lande bereik, want almal het dit vir hul kinders en hul families oorsee aangestuur.”

Talle onbekende mense het met haar kontak gemaak en vir haar gesê hoe hy gemis sal word.

“Hy het regtig ’n impak gehad op almal wie se pad hy gekruis het.”

Past. Deon Bosch, leier van die AGS-Kerk in die Suid-Vrystaat en wat Van Wyk sedert 2008 ken, beskryf hom as ’n toegewyde man van die Here.

“Hy het regtig hard vir die Koninkryk gewerk.”

’n Troosdiens word Vrydag om 11:00 in die Huis van Aanbidding op Winburg vir hom gehou.

Meer oor:  Winburg  |  Sterftes  |  Covid-19  |  3De Vlaag  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.