Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19 eis radio-vrou Amanda Olivier

Die radiopersoonlikheid Amanda Olivier (72) is Sondag omstreeks 07:00 in ’n Johannesburgse hospitaal aan Covid-19 dood.

Albe Grobbelaar, afgetrede radioman en voormalige dosent aan die Universiteit van die Vrystaat, sê sover sy kennis strek was Olivier die afgelope week in ’n Johannesburgse hospitaal waar sy aan ’n ventilator gekoppel en onder verdowing was was.

Amanda Olivier (72)

Dit het beter gegaan en sy was stabiel, maar haar toestand het Sondagoggend verswak.

“Ek is regtig geskok toe ek Sondagoggend die hartseer nuus verneem,” sê hy.

Grobbelaar vertel hy het Olivier in 1984 by die Afrikaanse Radiodiens in Pretoria aangestel.

Sy was met Jan Olivier getroud wat lank nuusredakteur by die SAUK in Pretoria en later in Bloemfontein was. Hy is omstreeks 2003 oorlede. Sy het later na Johannesburg verhuis.

Amanda was sy tweede vrou en hulle het nie kinders gehad nie, maar Jan het kinders uit ’n vorige huwelik gehad.

Olivier het nog tot ’n jaar gelede die program “Musiek sonder grense” op RSG aangebied. Sy het sedert haar aftrede in Modimolle gebly.

Die radiopersoonlikheid Amanda Olivier.

Volgens haar Facebook-profiel het sy aan die destydse Goudveldse Onderwyserskollege studeer en was sy ’n oudleerling van die Hoërskool Hugenote in Springs.

Volgens Olivier se profiel op RSG se webblad was daar drie soorte radioprogramme wat sy aangebied het wat vir haar die beste herinneringe bring:

• Inligtingsprogramme soos “Wat sê die dokter”, “Wat sê die veearts” en “Wat sê die prokureur” omdat sy so baie daaruit geleer het.

• Kinderprogramme, soos “Siembamba” omdat dit heerlik is om met kleintjies op hulle vlak te gesels. “Hulle is so eerlik en opreg en hang aan jou lippe en teken die wonderlikste prentjies om hul waardering en liefde te toon.”

• Musiekprogramme, wat vir haar ’n fees was om aan te bied. “Musiek sonder grense” was vir haar ’n ongelooflike ontdekkingsreis deur wêrelddele, verskillende genres, stemme en style.

Meer oor:  Johannesburg  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Radio-Omroeper  |  Pandemie  |  Rsg  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.