Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19: Hawelose mense in Pta verskuif
Hawelose mense Dinsdag by die Caledoniese stadion in Pretoria se middestad. Hulle word tydelik hier gehuisves om later na beter ingerigte skuilings geskuif te word. Foto: Isabel Venter

Hawelose mense van Pretoria is teen Dinsdag na skuilings verskuif sodat hulle nie meer in hul massas saamgebondel word in onhigiëniese toestande nie.

Die polisie in Pretoria het Vrydag, ná die nasionale staat van inperking in werking getree het, begin om die hawelose mense op te laai en na tydelike skuilings te neem.

Een van dié skuilings was die Caledoniese stadion in die middestad van Pretoria.

Met Netwerk24 se besoek Maandagmiddag was daar 2 180 mense ingebondel by die stadion.

Joel Mayepho, voorsitter vir Tshwane Council for the Homeless, het Dinsdag gesê honderde van die mense is deur die loop van die dag verskuif.

Veral die ouer mense is eerste geskuif “om veiligheidsredes”.

Die volgende groep was dié wat nie aan dagga of ander dwelms verslaaf is nie, sê Mayepho.

Vroue is ook van die mans geskei en na ’n tydelike skuiling van hul eie gebring.

Omogolo Taunyane-Mnguni, woordvoerder van die Tshwane-metro, het Dinsdag bevestig dat die stadion voortaan net as ’n fasiliteit gebruik sal word waar die hawelose mense vir Covid-19 getoets en dan na ’n tydelike skuiling gebring sal word.

Volgens Mayepho was sake beroerd oor die naweek, omdat niemand geweet het wat om met die toestroming van hawelose mense te maak nie.

“Die polisie los hulle net hier vir ons, en ons moes oor die naweek planne maak,” sê hy.

hawelose mense
‘n Hawelose man by die Lyttelton-stadsraad wat deur die Hennops Revival-groep ingerig is as ‘n tydelike skuiling. Foto: Isabel Venter

Gelukkig het die nieregeringsorganisasies hande gevat om te help, sê Mayepho.

Een só ’n organisasie is die Hennops Revival-organisasie.

Tarryn Johnston, stigter, het oor die naweek geskarrel om oor die naweek ’n saal by die Lyttelton -munisipale kantore gereed te kry.

Streng maatreëls geld hier. Hawelose mense word ’n slaapplek toegeken wat twee meter van mekaar geplaas is. Die saal word ook gereeld ontsmet. Opleiding word ook aan hulle gegee om gereeld hul hande te was. Vrywilligers het ook ekstra voorsorgmaatreëls getref om hulself te beveilig teen die oordrag van die koronavirus.

Lede van die plaaslike gemeenskap het ook ingespring om te help met kosskenkings.

Maandag was dit ’n gejaag om die eerste bus vol hawelose mense te help.

“Van hulle het huise gehad, maar op een of ander manier is hulle van die strate af gehaal – in groepe, terwyl hulle nie aan die wette gehoor gegee het nie – en toe is hulle na die Caledoniese stadion gebring,” sê Johnston.

hawelose mense
Matrasse is twee meter uitmekaar geplaas sodat hawelose mense. Dié hawelose man sal vir die volgende weke by die Lyttelton-stadsaal bly, wat deur die Hennops Revival-groep as tydelike skuiling ingerig is. Foto: Isabel Venter
Montessa Imran (36) en Monica Richards sit saam met ‘n groepie mense wat ook huise van hul eie het, maar Maandag deur die polisie aangesien is as hawelose mense en na tydelike skuilings geneem is. Foto: Isabel Venter

Montessa Imran (36) en Monica Richards (28), twee susters, was “met geweld deur die polisie verwyder”.

Hulle deel ’n skuiling naby East Lynne en wag nou vol hoop om binnekort te kan terugkeer.

Die twee weet van die gevare wat die Covid-19-pandemie inhou en erken dat hulle dalk nie in ’n groep na hul plaaslike winkel moes gegaan het nie.

“Maar die polisie het nie nodig gehad om só lelik te maak met ons nie, hulle kon mos sien ons gaan net winkel toe,” sê die susters.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het in reaksie hierop gesê die reëls is duidelik.

“Die polisie sal nooit onregverdig optree nie, maar reëls is reëls. As jy nie bewyse kan lewer dat jy op pad was na die winkel of van daar gekom het nie, dan gaan daar opgetree word teen jou,” sê Naidoo.

Hy het ook mense in die algemeen gewaarsku om nié in groepe rond te beweeg nie.

Meer oor:  Pretoria  |  Hawelose Mense
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.