Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19: Kospakkies, toelaes is belangrik vir mense in SA

’n Opname deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) toon dat Suid-Afrikaners kospakkies en ’n toelae verkies om verligting tydens die Covid-19-pandemie te bring.

Prof. Carin Runciman, medeprofessor by die universiteit se sentrum vir sosiale verandering, sê respondente in die opname het ’n stel van 13 beleidsvoorstelle gekry en is gevra om aan te dui wat hulle sou verkies.

Uit die lys was kospakkies (70%), die verhoging van die waarde van maatskaplike toelaes (69%) en die Covid-hulptoelae van R350 (69%) die beleidsopsies wat die meeste mense as noodsaaklik beskou het.

Ander, in dalende volgorde, was die instel van ’n basiese inkomste (61%), die betaling van rekeninge, huur en belasting (46%), die geleentheid om vir ’n tydperk nie skoolgeld te betaal nie (44%) en die verskaffing van data vir selfoongebruik (41%).

Volgens Runciman beklemtoon dit mense se behoefte om iets te doen aan die verlies aan inkomste en kos weens die inperking.

7 966 mense het deelgeneem aan die opname wat tussen 3 Julie en 8 September gedoen is.

“Die bevinding is geweeg om ooreen te stem met die gegewens van Statistieke Suid-Afrika oor ras, opvoeding en ouderdom, en kan in die breë as verteenwoordigend van die algemene bevolking beskou word,” verduidelik Runciman.

Die opname is aanlyn gedoen deur van die gewilde #datafree Moya Messenger-app, wat 2 miljoen aktiewe gebruikers het, te gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.