Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19 eis bobaas-speurder in Vrystaat
Nick de Kock was betrokke by die opleiding van veiligheidswagte en is Maandag as mentor gehuldig.

Een van die Vrystaat se suksesvolste speurders en kampvegters teen plaasaanvalle, Nick de Kock (56), is Sondag aan Covid-19 dood.

De Kock, wat saam met sy vrou, Anzobeth, in Theunissen gebly het, was as ’n bobaasspoorsnyer bekend en was lid van die destydse polisie-eenheid Koevoet. Anzobeth het ook die virussiekte.

Nick de Kock (56) is aan Covid-19 dood. Hy was die afgelope tyd by Bushveld Armed Response in Kroonstad betrokke.

Vrystaatse boere sê in huldeblyke De Kock sal in die geveg teen plaasmoorde in die provinsie gemis word.

“Net soos wat hy met sy uittrede ’n groot leemte in die polisiediens gelaat het, net so laat hy nou met sy afsterwe ’n groot leemte in private speurdienste,” sê Hennie Gerber, veiligheidskenner en ook oudpolisieman.

Gerber was voorheen by Vrystaat Landbou (VL) se afdeling vir landelike beveiliging betrokke en het dikwels saam met De Kock gewerk.

Gerber sê hy het De Kock minstens 30 jaar geken en hy was een van die beste spoorsnyers wat daar was.

“Daar is min mense wat so goed sonder ’n hond kon spoorsny soos hy,” sê Gerber.

Bertus van der Westhuizen, voorsitter van TLU SA in die Vrystaat, sê die provinsie het ’n groot speurder verloor.

“Hy het werklik plaasaanvalle voorkom. Wanneer daar vooraf inligting oor aanvalle was, het hy aanvallers voorgelê en laat toesluit,” sê Van der Westhuizen.

De Kock en ’n groep spoorsnyers uit Ovamboland is in die vroeë 1990’s verplaas na Theunissen, van waar hulle plaasaanvalle en ander misdaad oor die provinsie heen ondersoek het.

Hy het later bedank om buite die polisiediens as speurder te werk en was die afgelope tyd by Bushveld Armed Response by Kroonstad betrokke. De Kock het mense in teenmisdaadoptredes opgelei en het saam met die maatskappy ook ’n teenstropingseenheid bedryf.

De Kock word oorleef deur sy vrou en twee volwasse kinders, NJ en Anzonic.

Nog geen begrafnisreëlings is getref nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Speurder  |  Covid-Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.