Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid eis egpaar: 'Hulle was bang en baie versigtig'
Gerthardus van Niekerk (80) en sy vrou, Hester (74), wat vroeër vandeesmaand 12 dae uitmekaar aan Covid-19 dood is. Foto: Verskaf

’n Egpaar van Pretoria is onlangs enkele dae ná mekaar aan Covid-19 dood.

Gerthardus van Niekerk (80) en sy vrou, Hester (74), wat die afgelope ses jaar in ’n aftreeoord in Pretoria gewoon het, is 11 dae uitmekaar dood nadat hulle albei in Mei in die Mediclinic Kloof opgeneem is.

Die egpaar se seun, Jan, sê sy pa en ma het onderskeidelik op 1 en 12 Junie gesterf. Hoewel hulle baie versigtig was, het sy ma glo vermoed dat hulle die virus in ’n winkel opgedoen het.

Gerthardus van Niekerk (80) en sy vrou, Hester (74). Foto: Verskaf

“Hulle was bang en baie versigtig. Hulle het geweet hulle is oud en het onderliggende probleme.”

Jan sê sy pa en ma het onderskeidelik met cholesterol en hoë bloeddruk gesukkel.

Dit is ’n emosionele tyd vir die familie, want hulle was ’n hegte familie.

Hy sê sy ouers was goeie mense. “Ek het die beste ouers gehad en is goed grootgemaak. Hulle twee het ’n nabye verhouding met die Here gehad. Hulle het nie vyande gehad nie,” sê hy.

Gerthardus en Hester het in Januarie vanjaar hul 55ste huweliksherdenking gevier. Hulle het mekaar destyds op Klerksdorp ontmoet.

Jan sê sy ouers het hulle later in Cullinan gevestig, waar albei vir ’n myn gewerk het. Gerthardus was in beheer van die myn se brandveiligheid en Hester het in die betaalkantoor gewerk.

Jan sê mense moet by die huis bly as hulle siek voel sodat ander nie aangesteek word nie. “Hou jouself veilig, en bly by die huis as jy nie gesond voel nie.”

Santa Zeelie, ’n vriendin van die egpaar, sê sy het altyd na die Van Niekerk-egpaar as haar “aanneemouers” verwys. Sy het hulle in Cullinan ontmoet, en vyf jaar gelede ook na Pretoria getrek en naby die egpaar se aftreeoord in Montana gewoon.

Sy sê hulle was staatmakers. “Hul harte was so oop en hulle het baie mense gehelp. Mense het altyd briefies onder hul motor se ruitveërs gelos en hulp ‘met dit of dat’ gevra. Hulle laat regtig ’n groot leemte,” sê Zeelie.

Die egpaar word ook deur ’n dogter, Karin, twee kleinkinders en sewe agterkleinkinders oorleef.

’n Diens word Donderdag gehou.

Meer oor:  Egpaar Sterf  |  Covid-Sterfte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.