Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid: Valiant Swart beter ná dag van ‘hoogdrama’

Dit het Sondag beter gegaan met die Afrikaanse sanger en akteur Valiant Swart (55) wat reeds sowat twee weke lank Covid-19 onder lede het.

Swart, wat in Onrus in die Wes-Kaap woon, het Vrydag as ’n dag van “hoogdrama” beskryf toe hy “op een of ander manier bewusteloos geraak het op sy kombuisvloer”.

Swart sê hy en sy geliefdes het gevrees vir die ergste.

Die akteur en sanger Valiant Swart. Foto: Facebook

Wat gevolg het was ’n rit per ambulans na die hospitaal, en teen Sondag het sy vrou, Lanelle, bevestig hy is by die huis. Sy wou nie meer sê nie.

In ’n plasing op Facebook sê Swart (Pierre Nolte) hy ly aan “Delta Variant Blues”, maar dat aanhangers se ondersteuning hom daardeur help.

Donderdag het Swart op Facebook gesê hy het nog nooit in sy lewe so sleg gevoel nie. “Dis vandag ’n bietjie beter as gister – maar dit het laasweek ook gebeur, en die dag daarna was aaklig. Ek hoop hierdie ding wyk gou.”

Toe kom die dramatiese voorval Vrydag.

Hy sê nadat hy Vrydag bewusteloos geraak het, was hy die eerste keer sedert die verfilming van ’n episode van die kykNET-reeks Song vir Katryn in ’n ambulans.

Tans keil die onsekerheid en die eentonigheid my nogal op, maar dit is 1 000 keer beter weens die stroom goeie wense van julle af. Baie, baie, baie dankie aan ieder en elk.

“My girls dag ‘so dis nou dit’ (ek ook),” sê Swart. “Die ambulans vat my hospitaal toe, en ek kry uitstekende diens by Mediclinic Hermanus. Ek was ’n paar ure op ’n drup en was vroeg Vrydagaand weer tuis.”

Swart sê hy sien “reikhalsend uit na die steeds ontwykende draaipunt, wat hopelik sommer gou sal intree”.

“Tans keil die onsekerheid en die eentonigheid my nogal op, maar dit is 1 000 keer beter weens die stroom goeie wense van julle af. Baie, baie, baie dankie aan ieder en elk. Dit het ’n reuseverskil aan daai Delta Variant Blues gemaak,” sê hy.

“Nogmaals dankie vir bemoediging, raad en daad en aanbiedinge van hulp. As die pes gewyk het, paartie ons ’n ding stukkend!”

Mense het hom sterkte toegewens. “Vat dit asseblief rustig en voel gou beter,” skryf een aanhanger. “Jou storie is nog lank nie klaar nie.”

Meer oor:  Valiant Swart  |  Onrus  |  Ambulans  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.