Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cradlestone: 1 kritiek, 3 lig beseer toe muur meegee

’n Vrou van in haar 30’s het Sondagmiddag vroeg ernstige interne, rug- en buikbeserings opgedoen toe ’n interne muur by die Cradlestone-winkelsentrum in Krugersdorp meegegee het.

Nooddienswerkers Sondag in die Dealz-winkel in die Cradlestone-winkelsentrum in Krugersdorp. Foto: Verskaf

Shawn Herbts, woordvoerder van Netcare-911, sê die vrou is per helikopter na ’n “spesialis-eenheid” van ’n hospitaal geneem.

Nog drie mense is volgens hom op die toneel behandel vir baie ligte beserings.

Die winkelsentrum se bestuur sê in ’n verklaring die muur het in die Dealz-winkel ineengestort.

“Dealz sal tot verdere kennisgewing toe wees, maar die res van die winkelsentrum is oop vir sake. Die veiligheid van ons klante bly die topprioriteit.”

Die winkelsentrumbestuur sê weens die polisieondersoek kan geen verdere inligting nou bekend gemaak word nie.

Die polisie het nie Sondag op navrae van Netwerk24 gereageer nie.

’n Helikopter van Netcare-911 staan Sondag in Hendrik Potgieter-rylaan voor die Cradlestone-winkelsentrum in Krugersdorp. Een persoon is kritiek en drie lig beseer nadat ’n interne muur in die Dealz-winkel in die sentrum meegegee het. Foto: Verskaf
Meer oor:  Krugersdorp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.