Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Curriebeker-wen so lekker, hy dra steeds rugbytrui

Hy is so bly dat sy span die Curriebeker gewen het dat hy sedert Saterdag nog sy rugbytrui dra.

Benhard Janse van Rensburg met die trui wat hy sedert Saterdag ná die oorwinning teen die Leeus met trots dra. Foto: Mlungisi Louw

So sê Benhard Janse van Rensburg, senter van die Vrystaat-Cheetahs, wat Dinsdag steeds geklee was in sy rugbytrui waarin hy en sy spanmaats die Curriebeker gewen het.

Die tuisspan het die Leeus met 31-28 in ’n stampvol Vrystaat-stadion in Bloemfontein geklop.

Janse van Rensburg sê soos Alex Goode, heelagter van die Saracens, sy rugbytrui vir 48 uur ná sy span se oorwinning in die Europese kampioenskap gedra het, het hy besluit om sy trui aan te hou, maar ’n bietjie langer omdat dit so lekker is om die 2019-Curriebekerkampioenne te wees.

“Ek is te opgewonde. Dit is my eerste Curriebeker en die gevoel is onbeskryflik en daarom het ek my trui sedert Saterdag se oorwinning aan.”

Janse van Rensburg bieg egter dat hy die trui Sondag vir ordentlike kerkklere verruil het toe hy kerk toe is, en die trui is toe ook gewas.

Maar ná die kerkdiens het hy weer sy wentrui aangetrek, daarin geslaap, gekuier en selfs Dinsdag daarin spanfoto’s saam met die Curriebeker geneem.

“Ek het dit al die pad aan, maar sal dit nou vir ’n hemp verruil,” het die 22-jarige Janse van Rensburg ná die spanfoto’s gesê voordat hy hom by die span sou aansluit sodat hulle met die beker in Bloemfontein se strate kan gaan spog.

Benhard Janse van Rensburg, senter van die Vrystaat-Cheetahs, spog met die Curriebeker. Foto: Mlungisi Louw

Meer oor:  Vrystaat Stadion  |  Curriebeker  |  Bloemfontein  |  Volksblad  |  Cheetahs  |  Wen  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.