Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cyril, Creecy loof span agter Oscar-bekroonde dokkie

Pres. Cyril Ramaphosa het die vervaardigers van die Oscar-bekroonde dokumentêre rolprent My Octopus Teacher Maandag op Twitter gelukgewens.

“Ons hoop dat dit ’n groter waardering en voorspraak vir mariene bewaring sal aanmoedig in ’n tyd waarin die agteruitgang van die see ’n wêreldwye, groeiende probleem is,” het Ramaphosa geskryf.

Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en die omgewing, het die vervaardigers en rolprentspan in ’n verklaring gelukgewens.

“Julle het Suid-Afrikaners trots gemaak,” sê Creecy.

Die rolprent, wat die aangrypende en unieke verhouding tussen die rolprentmaker Craig Foster en ’n seekat in Valsbaai se waters vertel, is Maandagoggend vroeg (SA tyd) as die beste vollengte dokumentêr aangewys.

“In ’n tyd waartydens meer en meer mense op die gesondheid van ons oseane fokus, skep die dokumentêr bewustheid oor die rol wat kelpwoude in die oseaan speel, die oorvloed en broosheid van die mariene lewe en die behoefte daaraan om ’n gesonde mariene omgewing vir ’n verskeidenheid spesies in stand te hou,” lui Creezy se verklaring.

Pippa Ehrich en James Reed, die regisseurs, het die prys in Union Station in Los Angeles in ontvangs geneem. Die magiese onderwaterbeelde in die rolprent is deur Foster en die kinematograaf Roger Horrocks vasgevang. Foster het vroeër gesê dat hy hoop die blootstelling van die rolprent kan help om mense se persepsie oor omgewingskwessies te verander.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Barbara Creecy  |  Oscar  |  My Octopus Teacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.