Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cyril onthul 9 m hoë standbeeld op O.R. Tambo-lughawe

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagoggend ’n standbeeld van die struggle-ikoon Oliver Tambo buite die internasionale aankomssaal op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Kempton Park onthul.

tambo
Die standbeeld van die struggle-ikoon Oliver Tambo is Dinsdagoggend op die Internasionale Lughawe OR Tambo in Kempton Park onthul. Foto: Verskaf

Die Ekurhuleni-metroraad het Oktober tot amptelike O.R. Tambo-maand verklaar.

Die bronsstandbeeld is 9 m hoog en is presies 103 jaar sedert Tambo se geboorte onthul.

“O.R. Tambo het op die internasionale verhoog teen maatskaplike onreg baklei. Hy was ’n skerpsinnige storieverteller. Hy het tussen 1968 en 1982 talle geskiedkundige toesprake voor die Verenigde Nasies se algemene vergadering in New York gelewer en ledestate gevra om dringend op te tree teen die onregverdige realiteite waaronder die meerderheid van die Suid-Afrikaners onder apartheid gebuk gaan,” lui ’n verklaring deur die departement van internasionale betrekkinge.

Ramaphosa open later Dinsdagoggend ’n nuwe spoghotel-en-konferensiesentrum, 10 km van die lughawe af.

Die Radisson-hotel-en-konferensiesentrum is teen ’n koste van R950 miljoen gebou.

“Die konferensiesentrum beloof om die land se toerisme-ekonomie ’n groot hupstoot te gee,” sê die departement.

Die hotel, met sy 248 kamers, gaan sy deure op 2 November vanjaar open en sal die eerste in die hotelgroep se vierde handelsmerk, die eksklusiewe Radisson, wees.

“Dit is een van die sleutelprojekte en dryfkrag vir Ekurhuleni se 30-jaar-Aerotropolis-meesterplan, wat daarop gemik is om die metropolitaanse gebied in ’n wêreldwye logistieke spilpunt te omskep met die O.R. Tambo-internasionale lughawe wat as die wegspringplek dien.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Or Tambo-Lughawe  |  Ekurhuleni  |  Gauteng  |  Standbeeld  |  Oliver Tambo  |  Lughawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.