Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Cyril stap in Tembisa vir Thuma Mina-veldtog

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydagoggend vroeg die winterkoue getrotseer en saam met inwoners van Temibsa gestap as deel van die ANC se Thuma Mina-veldtog wat vandag geloods word.

Ramaphosa het met sy openingsrede in Februarie in die parlement 'n liedjie van Hugh Masekela aangehaal waarin die frase Thuma Mina oftewel "stuur my" gebruik is.

Hy het aan die SAUK gesê; "as 'n mens iets vir ander doen, word mens nooit moeg nie."

Die Thuma Mina-veldtog fokus daarop om gemeenskappe reg oor die land te besoek en na klagtes oor veral dienslewering te luister. 

Die veldtog is ook gemik daarop om na mense se klagtes oor gesondheidsdienste te luister.

Ramaphosa het aan eNCA gesê die publiek moet sien dat die ANC "daar is om vir die mense te werk".

"Ons is die diensknegte vir ons mense en wil hulle lewens verbeter. Ons sê deur die veldtog mense moet ons stuur waar hulle ons nodig het."

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, en David Makhuru, premier van Gauteng, het saam met Ramaphosa in Tembisa gestap.

Ramaphosa sal Vrydag ook 'n hospitaal in Tembisa besoek.

Honderde vrywilligers wat die boodskap van die Thuma Mina-veldtog sal versprei sal Vrydag ook met Ramaphosa vergader.

Meer oor:  Thuma Mina  |  Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.