Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DA dien klag in oor Loterykommissie nie begunstigdes noem

Die Nasionale Loterykommissie (NLC) is suinig met inligting – nie net oor die toenemende druk dat hulle nie die lys van instellings bekend maak wat Lotto-geld kry nie, maar ook oor die ondersoek na beweerde korrupsie en nepotisme binne die instelling.

Die DA het Dinsdag by die polisiekantoor in Sunnyside, Pretoria, ’n klag aanhangig gemaak teen die NLC-raad omdat hulle steeds weier om die lys van begunstigdes aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid te verskaf.

Die DA is die josie in omdat die NLC in 2019, vir die eerste keer in 18 jaar, nie die lys van begunstigdes in sy jaarverslag bekend gemaak het nie.

Dit is te midde van voortgesette ondersoeke na beweringe dat Phillemon Letwaba, bedryfshoof van die NLC, bande met instellings het wat geld van die Loterykommissie gekry het.

Ndivhuho Mafela, woordvoerder van die NLC, het by navraag gesê hulle kan nie kommentaar lewer op ’n kwessie wat voor die hof dien nie en ook nie op ondersoeke wat nie afgehandel is nie.

Die DA is die josie in omdat die NLC in 2019, vir die eerste keer in 18 jaar, nie die lys van begunstigdes in sy jaarverslag bekend gemaak het nie.

Die NLC het besluit om dit te staak ná ’n joernalis van GroundUp, Raymond Joseph, se stories oor beweerde korrupsie en nepotisme by die NLC met die toekenning van Lotto-geld.

Mathew Cuthbert, DA-LP, sê hulle gaan volhard met hul pogings dat die NLC die lys bekend maak. “Ons sal seker maak dat hulle verantwoording doen. Ons sal kyk na regsopsies.”

Sidwell Medupe, woordvoerder van die departement van handel en nywerheid, sê hulle lewer nie kommentaar op voortgesette ondersoeke nie. “Wanneer die ondersoek afgehandel is, sal ons die uitslag bekend maak.”

Meer oor:  Nlc  |  Klag Ingedien  |  Da-Klag  |  Loterykommisie  |  Begunstigdes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.