Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DA in VS begin aanmeld-kantoor vir plundering, brandstigting

Die DA in die Vrystaat het ’n aanmeldkantoor gestig waar alle opstande en oproer, brandstigting en terreur aangemeld kan word sodat dit behoorlik geboekstaaf kan word en die nodige veiligheidsmaatreëls onmiddellik ingestel kan word.

Dr. Roy Jankielsohn Foto: Argief

Só sê dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier.

“Ons wil al die skade wat aangerig word van meet af aan boekstaaf met foto’s en video’s om behoorlik rekord van presies elke ding wat daagliks in die Vrystaat gebeur, te hou. Ons wil ook al die nodige bewyse versamel.”

Hy sê hulle het strukture oor die provinsie heen en inwoners van die Vrystaat word aangemoedig om die inligting aan hul DA-raadslede te gee, wat dit aan die DA-aanmeldkantoor sal gee.

“Ons wil ook mense aanmoedig om nie betrokke te raak by onluste en gewelddadige optrede in die Vrystaat nie. Mense wat die Vrystaat liefhet, moet patrioties optree en meehelp dat die opstande en plundertogte by winkels nie hierheen oorspoel nie.”

Hy sê elke provinsie het ’n uitgebreide DA-“skadu-kabinet” waar databasisse saamgestel kan word van misdadige optrede, oproer en plundery en waarvandaan die owerhede ook ingelig kan word.

Jankielsohn sê KwaZulu-Natal lyk soos ’n oorlogsone. Boere met melkerye moet daagliks twee keer melk en melk in veld uitgooi omdat die vragmotors nie die melk kan vervoer nie, terwyl daar ook eierboere is wat nie kratte het om die eiers in te verpak vir vervoer nie. Hulle is ook bang om hul goedere te vervoer omdat vragmotors op die pad aan die brand gesteek word.

Hy sê dit is nie net winkels wat geplunder word nie. “Boere se plase word ook aan die brand gesteek.”

• Jankielsohn sê mense kan hom bel op 082 562 4120, maar dit moet verband hou met dit wat nou in die land met die plundertogte aangaan.

Meer oor:  Roy Jankielsohn  |  Vrystaat  |  Kantoor  |  Plunder  |  Brandstigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.