Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
DA-raadslid van Mosselbaai sterf skielik

Hy was ’n platjie met ’n sin vir humor en ’n harde werker met ’n groot vriendekring, selfs in opposisiegeledere.

So sê die Mosselbaai-munisipaliteit oor Danny Saayman (49), ’n DA-raadslid wat Mosselbaai in die raad van die Garden Route-distriksmunisipaliteit verteenwoordig het. Saayman is Woensdagaand skielik dood terwyl hy tuis met siekverlof was. Die oorsaak van sy dood is onbekend.

Volgens die munisipaliteit was Saayman as ’n oudrugbyspeler en onder andere ’n DA-aktivis baie bekend en gelief in die gemeenskap.

Hy was ’n oudleerling van die Senior Sekondêre Skool Hillcrest in Mosselbaai.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou (links), vroeër saam met Danny Saayman. Foto: Mosselbaai-munisipaliteit

Dirk Kotzé, Mosselbaai se waarnemende burgemeester, sê hy het ’n vriend verloor.

“Hy was ’n platjie met ’n besondere sin vir humor wat diep spore in sy gemeenskap en in DA-geledere laat.”

Huldeblyke vir Saayman het Donderdag ingestroom.

Bonginkosi Madikizela, leier van die DA in die Wes-Kaap, sê in ’n verklaring Saayman is in 2016 tot raadslid verkies. Hy het in die raad van die distriksmunisipaliteit en as ’n proporsionele verteenwoordigende raadslid vir wyk 3 gedien. Hy was ook die veldtogbestuurder van die onlangse tussenverkiesing in wyk 14 in George en het ’n deurslaggewende rol gespeel om te verseker dat die DA die wyk kon behou.

Madikizela het sy medelye met Saayman se familie betuig. Volgens hom het Saayman altyd ’n grap of twee reggehad, maar wanneer daar gewerk moes word, het Saayman dit met toewyding en passie gedoen.

Geordin Hill-Lewis, DA-woordvoerder oor finansies, het op Facebook gesê Saayman het ’n hart van goud gehad. “Hy was ’n sagmoedige reus met ’n lag wat jou laat weet het hy is naby, selfs voordat jy hom kon sien. Ek gaan hom baie mis.”

Die familie sê ’n begrafnisdiens word vir volgende Saterdag vir Saayman beplan, maar die reëlings word nog getref. Die tyd sal eers later bekend wees.

Hy word deur sy vrou, Amanda, en twee dogters oorleef.

Meer oor:  Da  |  Raadslid  |  Mosselbaai  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.